Wat gaan aan met Google Calender?

Vir jare al gebruik ek Google Calender. Ek sit al my afsprake daar op.

Twee dae voor die tyd stuur hy vir my ‘n e-pos, dan weer die dag voor die tyd en op die dag stuur hy ‘n sms. Te lekker! Ek word vooruit gewaarsku van iets wat aankom.

Verjaar iemand, kom dieselfde boodskappe en teen die tyd wat die persoon regtig verjaar is my kop al so deurmekaar dat ek vergeet om die persoon geluk te wens.

Ek dink egter Google Calender se kop het ‘n bietjie uitgehaak. Ek het nogal nou die dag op RSG gehoor dat daar dalk ‘n probleem mag wees.

Soms, gelukkig nie elke keer nie, begin Google vir my elke minuut ‘n e-pos stuur, tot 200 e-posse per geleentheid. Dis om van te huil.

Nou wonder ek net, is dit net by my wat dit gebeur? Weet julle wat die rede is? Is Google net oorywerig?

Toortsie

9 thoughts on “Wat gaan aan met Google Calender?

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s