Francine Rivers

Dis mos darem geen geheim dat Francine Rivers fantasties skryf nie. In die verlede het ek haar boeke behoorlik verslind.

Tans sit ek en my man elkeen met ‘n Francine Riversboek in die hand. Dis ‘n eerste vir hom. Hy lees die welbekende Verlos deur die liefde (Redeeming Love) wat al baie jare gelede geskryf is en ek lees Die Meesterstuk (The Masterpiece).

Hy vra my in die begin ‘n paar keer of ek die boek al gelees het en waaroor dit gaan. Ek vertel hom dat dit gebaseer is op die storie van Hosea in die Bybel, die gelowige man wat met ‘n hoer moes trou. Sy loop keer op keer weg en elke keer gaan soek hy haar weer. Hoe verder manlief lees, hoe meer geniet hy die boek.

Die Meesterstuk is ‘n moderne boek met nou se mense wat daarin speel. Roman Valesco, of eerder, Bobby Ray Dean, is ‘n welbekende kunstenaar, harde werker, nie so ‘n maklike geaardheid nie. Hy het egter geen vriende nie en sukkel om tussen mense te wees.

Grace Moore is sy persoonlike assistent. Netjies. Op haar plek. Ook uitstekend in haar werk. Wil almal tevrede stel.

Beide van hulle het hul ouers op ‘n jong ouderdom verloor. Beide het spoke uit die verlede wat hulle soms pla. Die een ken vir Jesus, die ander een nie …

Dis ‘n wonderlike boek. Ek is nou so driekwart ver gelees. Ek wil hom net nie neersit nie. En as ons albei klaar is met die boek wat ons tans lees, kan ek amper waarborg dat ons die boeke net gaan omruil. Ja, ek hét Redeeming Love destyds gelees, maar dit was lank, lank gelede.

Groete

Toortsie

Vir nog boekbesprekings, kliek HIER, of volg my by Pinterest.

16 thoughts on “Francine Rivers

  1. Ek het al 3 Francine Rivers boeke gelees, al 3 was pragtig en gee stof tot nadenke. Die 3de boek het die hele kwessie van aborsie in n pragtige liefdesverhaal so mooi belig dat die leser aan die einde daarvan geen twyfel het wat God se wil in hierdie verband is nie. Ek kan nou ongelukkig nie die naam onthou nie, maar ek onthou die storie goed, en ook God se wil, en dit is wat tel! Ek wens elkeen wat aborsie oorweeg kan eers hierdie mooi storieboek lees.

    Like

    1. Daar was so ‘n reeks van 3 boeke wat in die eerste eeu afgespeek het tie die Christene so vervolg was in Rome en die gladiators ens. Ingelooflike boeke. Ek is seker Kameel sal vir ons sê wat daardie reeks se naam is.

      Like

      1. ‘n Jong meisie word deur n onbekende aanvaller verkrag en raak so swanger. Die hele wereld, ook haar eie ma en haar verloofde wil hê dat sy n aborsie moet kry. Wat moet sy doen? Watter draaie gooi die lewe met haar?

        Liked by 1 person

  2. Ek het al haar boeke gelees maar vervlaks of ek nou die name van die trilogie kan onthou wat afspeel met die vervolging van die christene…moet nog net die Meesterstuk lees.

    Liked by 1 person

          1. Kyk tog of jy dit nie kan kry nie. Was nogal vir my ‘n eye opener, maar bygesê, ek het vir ses maande in ‘n pastorie loseer toe ek jonger was. Mens se hele prentjie rondom dominees en hulle huislike lewens verander geweldig. Hulle is net mense soos ons.

            Liked by 2 people

Gesels saam, asseblief!