Amper het die week onder my uitgeloop en het ek vergeet van Scrapy se wasdag 4-uitdaging! Ek hoop ek is nog betyds!
Soos almal wat gereeld my blogs lees, weet hulle mos dat ek lief is vir toer en as dit nog ‘n oorsese reis kan wees, soveel te beter. In hierdie tyd wat ek onder huisarres was ter wille van my gesondheid, het ek ‘n hele paar keer met my rekenaar om die wêreld gereis, terwyl ek maar net mooi doodstil hier op my bed gesit het.
Wanneer jy so oorsee toer, kry jy nogal baie oefening, selfs al doen jy dit nie doelbewus nie. ‘n Mens stap ongemerk baie en daarom is die skoene wat jy op so ‘n reis inpak, van kardinale belang, veral as jy baie toerismebestemmings gaan besoek en bekyk. As jy net op ‘n eiland in die son gaan lê, maak dit seker nie soveel saak nie. Ek glo aan Crocs, kan jy meer! Nee man, nie outydse gaatjieskoene nie, mooi Crocs, wat ingeloop moet wees voor jy vertrek, anders het jy ‘n probleem. Koop ook vir jou ‘n nommer groter as wat jy normaalweg dra, dit werk die meeste van die tyd beter. Met my ou Crokkies het ek al ver en wyd gestap. Selfs toe ons in die winter in Europa was, is ek met Crocs boots oor, een paar ou suede boots (Crocks) vir as ons in die stede loop, en ‘n paar Crocs boots waarmee ek in die sneeu kon loop, die lelikste bootse denkbaar! Sjoe! Reën daardie deurtrapte suedes hulle die dag dat daar amper niks van hulle oorbly nie, net om die volgende dag ewe droog vir my te glimlag en te sê, ‘hier is ons!’ Ek het hulle net so ‘n vinnige vee met my haarborsel gegee en reg was hulle! Ek dra hulle steeds. 🙂
Of daar ‘n geraas gaan wees waar jy gaan toer, sal ek nou nie kan sê nie, dit hang natuurlik af van die bestemming. Terloops, ek hoor nou die dag dat dit so stil in Japan is, selfs tussen al die mense. Hulle is seker nie so luidrugrig soos ons Suid-Afrikaners nie. 🙂
En dan is daar die probleem van plastiek, die gebruik van eenmalige plastiek. Dis dalk iets waaraan ek sal moet aandag gee, omdat ek daarvan hou om goed in ziplock sakkies te verpak in my koffer, dit maak dinge darem net baie makliker. Ja, ek gebruik dit eenmalig, maar vir die hele duur van ‘n toer, dan is dit seker nie meer eenmalige gebruik nie, of hoe?
Toortsie
Ek hou van jou crock skoene. Dis nodig om goeie uitgeloopte skoene te gebruik met al die stappery. Dankie vir jou mooi reis bydrae. Goeie aanbevelings.(My leestyd het ook vir my weggehol!)
LikeLiked by 2 people
Ek is bly ek was nog betyds! 😁
LikeLike
Dankie weer, maar dit is nie regtig tydgebonde nie.
LikeLiked by 1 person
O. Ek dog dit moet geskryf wees voor die volgende uitdaging kom. 😊
LikeLike
Nee wat, dit is meer om ouens aan te moedig om by te hou as dit kan, en om te skryf. Jy is al baie ingestel om te skryf. Die meeste sukkel om vol te hou omdat hul nie hulself n doel stel om dit elke week te doen nie.
LikeLike
Dit het my nou ook amper ingehaal. As ‘n mens eers agter is, is jy agter. Die beste is dan om sommer net weer in te val waar jy is. Ek het net gedink dis sulke lekker en maklike woorde, ek moenie die geleenthei laat verbygaan nie.
LikeLike
Maar ek is mooi by. Die volgende een is reeds geskryf, dit verskyn môre. 🙂 Soet kind. 🙂
LikeLike
Ek kry nie my kommentaar by jou Resensies-skrywe opgesit nie?
LikeLiked by 1 person
Ek het hom afgehaal. Sal hom weer opsit.
LikeLike
Toemaar, jy hoef nie. Ek dog dis net ń verkeerde stelling.
LikeLiked by 1 person
Probeer nou. 😁
LikeLike