Geestelike oorlogvoering is ‘n groot woord wat my oë soms bang laat rek. As ek luister en lees hoe sommige mense die bose oorwin, die duiwels bestraf, raak ek benoud. Ek skiet ver te kort.
Hierdie boek het ek ‘n paar jaar gelede by Takealot gekoop, toe was dit seker nog Kalahari, ek sien die E-boek word tans vir R17 verkoop.
Wat is geestelike oorlogvoering deur Stanley D Gale. Dit was nét die boek wat ek moes lees! Dis ‘n dun boekie, net 36 bkadsye en dit lees lekker maklik in ‘n verstaanbare taal. Niks hoogdawerends nie. Dis oorspronklik uitgegee as What is Spiritual Warfare?
Die boek maak my rustig. Trek die volle wapenrusting aan, sê hy, sodat ons staande kan bly, bou jou verhouding met God. Versterk jou geloof in Hom. Stry teen die sonde, kry veral jou krag in die Here.
In plaas van heeldag op Satan en demone te konsentreer, fokus eerder op God en Sy groot krag. Vra Hom om jou te versterk, te beskerm en die vyand te verjaag, dis nie ons werk om heeldag duiwels te verjaag nie. Dis egter ons verantwoordelikheid om op ons pos te wees en vas te staan teen versoekings of ander maniere wat Satan ons wil verslind. Gewortel in Christus, hoor en doen wat Sy Woord ons beveel en te leef uit die krag van die opstanding.
Dit beteken nie dat ek apaties staan, of onbewus is van Satan se bedrywighede of dit selfs ontken nie. Nee, ek is steeds baie bewus van sonde en wat dit in my lewe doen, maar ek fokus op God en steun op Hom wat baie sterker is as ek óf Satan.
Miskien het ek iets misgelees, miskien is van ons geroep om ernstig demone te verjaag, ek het geen probleem daarmee nie. Ek voel egter gemaklik hoe hierdie skrywer dit benader.
Toortsie
Vir nog boekbesprekings, kliek HIER, of volg my by Pinterest.
So waar wat jy hier skryf!
LikeLiked by 1 person
Sjoe ja ek stem saam sonell so waar en laat ons eerder op God fokus
LikeLiked by 1 person
As ons die evangelies lees, sal ons sien dat Jesus baie en omtrent elke dag demone verjaag het. Ons is op die aarde om God se koninkryk op aarde te vestig. Alles wat die satan van ons steel, van geld tot gesondheid, moet ons terug vat….daar is net een manier. Veg daarvoor. Satan gaan dit nie sommer terug gee nie, veral nie as jy hom n kontrak gegee het nie.
LikeLiked by 1 person