Vier weke van herstel is verby en ek is in week vyf.
In week vyf mag ons dat ons liggaam ons lei, maar ons mag niks oordoen nie. Ons moet genoeg rus en gebalanseerd eet. En ons mag self motor bestuur, ek neem aan vir kort rukkies, want as ons Kaap toe wil ry, slegs as passasier. Ons mag begin huiswerk doen, selfs wasgoed ophang, en begin stap. Ja! Ja, ek mag begin stap! Tien minute per dag vir twee dae, dan 25 minute per dag vir drie dae en dan 30 minute per dag vir twee dae. Prys die Here!
Ek het my tot nou toe mooi gedra, baie gerus, my besig gehou op die bed. Soms het ek dalk onbewustelik wel iets gedoen wat ek nie eintlik moet doen nie. Ek het nie pyn nie, behalwe nog vir ‘n stekie hier en daar. Ek dink dit gaan goed.
Ek het die huisarres redelik goed hanteer, alhoewel die draad maar soms kort was. Sondagmiddag het my eerste stukkie gaan stap, met manlief aan my sy. Maandag net vinnig in Napier na die winkel langsaan gestap. Gister was dit koud en winderig, geen stappery nie. Toe, vanoggend, skyn die son, dis ‘n lieflike wintersdag. Wonderlik! Die stappie was fantasties. Net tien minute, soos die voorskrif, maar dit het gevoel of ‘n gevange vrygelaat is. Sjoe! Daar is vordering! 🙂
Intussen belowe ek ek gedra my steeds goed. Ek kyk mooi na myself. ‘n Vinnige uitstappie na die skryfbehoeftewinkel is genoeg vir een slag en een dag en dan vra my liggaam om te rus. ‘n Klein bietjie rekenaarwerk en rus. Wasgoed in die masjien gooi en rus en dan is Maria genadiglik hier om dit op te hang. ‘n Nuwe resep uittoets verrig ook wondere. 🙂
Die huisarres is beslis gelig, die slotte is oopgesluit, hier is ‘n bietjie meer beweegruimte. Dankie tog, daar is lig in die tonnel. 🙂
Ek het nie by alles uitgekom wat ek wou nie, ek het gedink my borduurwerk en skoonseun se gebreide trui sou klaar wees, maar helaas.
Toortsie
Die tyd het eintlik vinnig verby gegaan….is bly dinge raak nou weer normaal daai kant
LikeLiked by 2 people
Ja, daar’s lig in die tonnel.
LikeLike
Ampertjies daar, Toortsie. Ek is so bly saam met jou.
LikeLiked by 2 people
Dankbaar saam met jou oor daardie heerlike stappie! Welgedaan, Toortsie, dat jy jou so mooi gedra ❤
LikeLike
Ek gaan vandag weer stap.
LikeLiked by 1 person
Is die natuur nie ‘n fantastiese aansporing om gesond te word nie? Ek is ook nou op pad strand toe na twee weke se stapdroogte. Ek het nog seer hier en daar en die griep het my ietwat lam gelaat, maar nou raak ek kriewelrig.
LikeLiked by 2 people
Ek glo dat die oefening daai kriewelrigheid wegvat en dan word jy sommer gouer gesond ook.
LikeLiked by 2 people
Ek dink jy’s reg. Ek het so pas teruggekeer van my oggendlopie langs die strand en sommer ‘n hele bord kos opgeëet.
LikeLiked by 2 people
Ek gaan nou gou!
LikeLiked by 1 person
Het nou ‘n bietjie verder gestap as gister, ek hou dit maar nog op die gelykpad. Het vriendin gehad wat kom kuier het en gou iets warm gemaak om te eet. Nou is ek eers weer pê.
LikeLiked by 2 people
Dis beter as jy jou kragte stadig opbou – elke dag ‘n bietjie. Rus is nog baie belangrik.
LikeLike
Ek doen dit so, tot ek sien dat Vuurvliegie weer ‘n woordsnoer uitgedink het. Ai toggie, wat wag op ons? Laat ek loop loer!
LikeLiked by 1 person
Ek haal my hoed af vir jou. Hierdie kon nie ‘n maklike pad gewees het nie, maar jy laat dit soos soet koek klink. ❤️🤗
LikeLiked by 2 people
Ek belowe dit was nie maklik nie. Onthou beide ek en my man was erg onder die mes deur. Met God se hulp is alles moontlik.
LikeLiked by 2 people
Ek glo jou deur en deur. Sterkte vir die laaste paar dae ❤️
LikeLiked by 1 person
Dankie
LikeLiked by 1 person
Dis wonderlik hoe jou liggaam vir jou wys dis nou tyd vir n bietjie beweeg. Daardie klaarmaak van projekte is ook deel van dat jy nie heeltemaal nog reg is vir die werk nie. Ek is bly jy het goed uitgehou en dat jy nou stadig weer kan rondbeweeg.
LikeLiked by 2 people
Dankie
LikeLiked by 1 person
Sien hoe vinnig het dit gegaan… en ons het nog nie eers tyd gekry om krabbel te speel nie. Ampertjies oor die perd se rug!!!
LikeLiked by 2 people
Ek wag nog vir jou.
LikeLiked by 1 person
Moet nou Vuurvliegie se puzzle doen 🤗
LikeLiked by 1 person
‘n Puzzle is dit gewis.
LikeLiked by 1 person
Trots op jou jy het mooi gehou. Jy sal die vrugte pluk..
LikeLike
Dankie, ek hoop van harte so. 🙂 ‘n Mens doen soms onbewustelik verkeerd.
LikeLiked by 1 person
Jy is sommer great Toortsie, so bly jy amper daar. Moet niks pyn goed in dag drink as jy nog doen nie, pyn goeie indikasie of jy iets kan of nie kan doen nie. Jy is great🌻🌻🌻
LikeLiked by 1 person
Dankie! 😁
LikeLike