Soos reeds in ‘n vorige bloginskrywing genoem, het Country Living in SA my uitgedaag om deel te neem aan Plastiekvrye Julie. Natuurlik kry ek dit nog glad nie reg om plastiekvry te leef nie, maar ek probeer wel.
Die inisiatiewe wat daar is om van gebruikte plastiek ontslae te raak, bv deur ecobricks, is wonderlik. Tog voel ek dat ons eerder daarop moet konsentreer om ons verbruik van plasiek te verminder.
In die vorige bloginskrywing het ek geskryf wat ek reeds doen om plastiek te beveg. Nou skryf ek wat my volgende treetjie tot plastiekvryheid sal wees.
- Ek wil byvoorbeeld hoor of die skropmiddel wat ek vir my gesig gebruik, plastiekkorreltjies bevat. As dit die geval is, sal ek dit nie meer koop nie. Ek moet ook konsentreer daarop om wanneer ek bv my skoonheidsmiddels of ander goedjies privaat by mense koop, te keer dat hulle nie dit in ‘n sakkie sit nie, dis onnodig.
- Ek moet weer konsentreer daarop om vir my glasbottels vol water te maak wanneer ons op pad is en nie in die versoeking val om plastiekbottels water te koop nie.
- Swartsakke en ander sakke in vullesdrommetjies was iets wat ek glad nie op die plaas gebruik het nie. Op die dorp moes ek dit egter doen omdat die sakke weekliks uitgesit moes word vir die munisipaliteit om dit te verwyder. Op die plaas gooi ons dit in ‘n groot oliedrom en dan word dit weggery na die vullisgat toe. Ons munisipaliteit het nou vir almal ‘n groot drom verskaf wat deur die regte lorrie sommer net omgedop word. Ek gaan dus glad nie meer sakke in my vullisdromme sit nie, net die drommetjie daagliks uitgooi in die groot drom en die dromme uitspoel of uitvee met ‘n lap. Elke week beteken dit ‘n hele paar sakke minder!
- Dalk moet ek weer begin om my eie joghurt te maak, dis gesonder, lekkerder en maak ‘n groot klomp plastiekbakkies minder.
- Met tyd wil ek weer vir my glasbakkies met deksels aanskaf om kos in te bêre, in plaas van plastiekbakkies.
Nou wag ek in spanning om te hoor wat julle alreeds doen om plastiek minder te maak. O, jy het nie broodsakkies nodig vir skilletjies nie, maak sommer ‘n gat in die grond en gooi jou skille daarin, dis baie beter vir die natuur, jou tuin sal jou beloon daarvoor.
Vertel my, wat doen jy? Wat kan ek by jou leer? Ek daag jou uit: Skryf ‘n blog daaroor en onthou om hierdie bloginskrywing te ‘tag’.
Toortsie
Sal bietjie n blog beplan om te vertel wat ek doen. Hier is ons baie meer al ingestel op geen enkelgebruik plastiese sakke nie. Maak koerantpapier sakke om jou vuilgoed in te gooi voor jy die in die groot drom gooi. Kleiner drommetjie bly dan skoner.
LikeLiked by 1 person
Koerantpapiersakke klink na ‘n uitstekende idee. Ek sal graag meer hiervan wil hoor. Maak julle fisies ‘n sak, of voer julle net die drommetjie met koerantpapier uit?
LikeLike
Jy vou n sak. Ek sal bietjie moet nakyk vir die patroon want een van ons Timbank ouens het dit n ruk terug gewys om te maak. Ek genruik dit nie regtig nie omdat ek nie veel afval of vuilgoed het nie. Meeste word gehersirkuleer of kompos van gemaak.
LikeLike
Ek het ook nie eintlik nat vuilis nie. Ek dink ‘n mens kan sommer net ‘n koerant onderin die drom sit om nattigheid te absorbeer as daar is.
LikeLike
Is so. Ek vou dit ook nie regtig nie. Het gedink ek kan kinders aan die gang sit om te vou maar toe is daar nie regtig belangstelling van hul kant nie wat my toe gepas het.
LikeLiked by 1 person
Hier is n video hoe om dit te vou. Jy kan sommer n projek vir een of ander byeenkoms maak. Jy kan al jou koerante opvou en gebruik.
LikeLiked by 2 people
LikeLike
Amper vergeet om die video ook te stuur.
LikeLiked by 1 person
Dis baie oulik Scrapy
LikeLike