Country Living in South Africa het my uitgedaag tot ‘n plastiekvrye Julie. Sy stel dit baie duidelik dat sy nie verwag dat ons oornag totaal plastiekvry sal raak nie, maar dalk net een stappie vorentoe, want elke bietjie help.
Verlede jaar se plastiekvrye Julie het my beslis op ‘n nuwe spoor gesit en ek is reeds baie meer plastiekbewus as wat ek voor Julie 2018 was. Wat ek dus reeds doen, en ek vertrou die meeste van julle ook, is:
- Ek gebruik papier- of materiaalwinkelsakke. Vergeet ek my sakke, moet ek maar ‘n nuwe materiaalsak koop. Ek loop ook baie maklik by ‘n winkel uit met die paar goedjies los in my hande en noem aan die kassier dat ek dit doen om die aarde te probeer spaar van plastiek.
- Ek het vir my gaassakkies gekoop by Crazy store, van die sakkies waarin ‘n mens jou fyn goedjies in die wasmasjien gooi. Hulle ritssluiters is baie swak, maar ek knoop dit sommer. Daarin koop ek dan eerder losmaatgroente, as om reedsverpakte groente te koop. Ongelukkig moet ‘n mens steeds maar baie verpakte goed koop, die plastiek hou net nie op nie!
- Koop ek bv net een patat of groenpeper, laat plak ek die plakkertjie sommer op die groente self, in plaas daarvan om dit in ‘n sakkie te druk.
- By die kassier moet ek wakker wees en keer op keer vir die pakker sê dat ek asseblief nie van daardie broodsakkies wil hê nie. Hulle hande gaan soos magnete daarheen en hulle wil al wat ding is eers daarin druk voor dit in ‘n sak gesit word. Ek moet keer op keer sê: ‘Los asb.’
- Strooitjies, oorstokkies en polistereenkoppies is nie regtig vir my ‘n probleem nie, ek het reeds opgehou om dit te gebruik.
- Ons het ‘n waterfilter sodat ons nie kanne gefilterde water hoef te koop nie.
- Sedert ek vyf jaar gelede begin het met Banting, gebruik ek nie meer margarien nie, ook nie kookolie nie, maar slegs botter. Botterbakies en Oliebottels is dus vervang met botterpapier.

Wat beplan ek vir Julie 2019? Ek weet nog nie! Ek hou maar my oë en ore oop om te hoor wat ander doen en begin so stukkie vir stukkie met iets nuuts en hou dan daarmee aan, ek doen dit nie net solank die veldtog aan die gang is nie. Volgende keer sal ek skryf wat ek dink om te doen om meer plastiekvry te leef.
Ek sal bly wees as julle ‘n bietjie raad het om vir my te gee.
Toortsie
Ai Toortsie, dit is lekker om dit te lees. Ons probeer ook en het sakke gekoop wat langer hou sodat ons dit weer en weer kan gebruik. Hier word nie hergebruik nie, wat ‘n probleem. Ek doen maar my deel hier ook.
Koop goed in glashouers, hulle vis kom ook daarin. En bêre die houers om goed in my kaste te verpak.
LikeLiked by 1 person
So begin jy ook daar met bewusmaking deur jou sakke weer te gebruik.
LikeLiked by 1 person
Ek doen. Maar dit help nie om ander te probeer oortuig nie. Nie hier nie. Ek bêre die plastiekeierhouers en vat dit toe vir die vrou waar ek die eiers koop. Sy het my basies by haar plek weggejaag met haar stem en hand. Dat almal vir my kyk. Het so groot soos 10c gevoel …
LikeLiked by 1 person
Ai. 😂
LikeLiked by 1 person
Ek het baie sleg gevoel, veral omdat ek nie kon verduidelik nie. Gaan nie weer by haar koop nie.
LikeLiked by 1 person
Ek kan dink. Ek wonder of sy dink jy dink sy kan dit nie bekostig nie?
LikeLiked by 1 person
😳
LikeLike
Ja nie preek nie, lead by example. Die mense sal onder mekaar hieroor praat en dan begin dit dalk iewers vassteek.
LikeLiked by 1 person
As ons mekaar maar net kan verstaan …
LikeLiked by 1 person
Ek dink by myself Google Translate vir haar ‘n briefie, maar dis ook gevaarlik.
LikeLiked by 1 person
Ek moet eers so bietjie oor die kwaai vrou kom.
LikeLiked by 1 person
😊
LikeLiked by 1 person
My ego het so bietjie van ‘n knou gekry …
LikeLiked by 1 person
Ek kan dink. Jy gaan met die beste van bedoelings en kry ‘n lelike skrobbering.
LikeLiked by 1 person
🙈
LikeLike
Jy doen al so baie! Ek het ervaar dat dat eintlik baie versteek te plastiek in mens se lewe kan wees. Goed soos, plastiek in sonblok, mikro granules in tandepasta of ‘n scrub en selfs die sakkies waarin tee gemaak word, het deesdae plastiek in die sakkies verwerk, sodat dit nie heeltemaal kan komposteer nie. ‘n Mens kan bv oorskakel na blaartee en met ‘n siffie tee maak en jou tee loskoop en sodoende daai plastiek uitskakel. Of met ‘n volgende tandeborsel vervanging eerder ‘n bamboestandeborsel koop in plaas van ‘n plastiek een. Ek was ook deesdae met ‘n natuurlike loofah spons my skottelgoed in plaas van plastiek sponsies en my kombuislappies probeer ek almal van ‘n natuurlike materiaal kry en wasbaar, sodat ek nie onnodig daar weggooi nie. Mens kry deesdae, gesigwas, stortseep, lyfroom, shampoo ens in soliede vorm en jy kan dit koop by Lush, dit kom glad nie in ‘n houer nie, en jy kan dit in ‘n papier sakkie koop of in jou eie houer. Kyk ook vir idees op die Facebook groep. https://www.facebook.com/groups/reducewastesouthafrica/
Geniet die uitdaging en dankie vir die deelneem en saam bewusmaak!!
LikeLiked by 1 person
As ek na jou kyk, lyk myne soos ‘n druppel in die emmer.
LikeLike
Vleissakkies is vir my ‘n probleem. Ek verpak nie meer my eie vleis nie en het nie beheer daaroor nie. My ouers het hul plasieksakkies gewas waarin die vleis verpak was en dit weer gebruik. Ons het te belangrik daarvoor geword en gril kamstig daarvoor.
LikeLike
Ek is mal oor lush se shampoo, ons en my dogter hulle en nou skoonma ook gebruik net Lush. Tot skoondogter in Kanada is gerehabiliteer na lush.
LikeLike
Vertel meer?
LikeLike
Eish….ek is skuldig. EK is glad nie so bewus van waar plastiek oral versteek word nie. EK bou darem Eco-bricks. By die werk en by die huis. Dis my beskeie poging om van aaklige plastiek ontslae te raak.
LikeLike
O ek is weer nog nie by Eco Bricks nie. Op ons manier probeer elkeen sy deeltjie doen.
LikeLike
Ek het darem al so veertien gemaak….maar ek moet sê, my baaskind dra al die plastiek aan. Sy wil nie self bou nie,maar sy voorsien darem!!
LikeLiked by 1 person