Driftwood Bay – Irene Hannon

Driftwood Bay is die eerste boek van Irene Hannon wat ek lees, en wat ‘n aangename verrassing. Dit is ‘n heerlike verhaal, die storie vloei lekker, ‘n regte boek wat jy net nie wil neersit nie.

Driftwood Bay is deel van die Hope Harbour reeks, ‘where hearts heal and love blooms’.

Dit vertel die storie van Jeannette Mason, ‘n alleenlopende vrou wat al haar dierbares in ‘n vliegongeluk verloor het en ‘n nuwe lewe in Hope Harbour kom begin het deur ‘n lavenderplaas en teekamer te kom vestig.

Dan is daar Logan, ‘n dokter, met sy vyfjarige broerskind met die hartseerogies en ‘n baie stout hond.

Ons ontmoet ook die Siriese vlugtelinggesin vir wie die gemeenskap van Hope Harbour hulle arms oopgemaak het.

Op ‘n wonderlike manier word hierdie mense in mekaar vervleg en kom vind hulle almal hoop en ‘n nuwe toekoms in Hope Harbour.

Ek sal graag hierdie boek aanbeveel. Dis ‘n pragtige liefdesverhaal waar die lewe gebeur, ‘n goedvoelstorie.

Ek sal beslis my oë oophou vir nog boeke van Irene Hannon, ‘n skrywer van reeds meer as 50 boeke en wenner van baie toekennings.

As jy nog van my boekbesprekings wil lees, kyk HIER, of volg my boekbesprekings op Pinterest.

Groetnis

Toortsie

Vir nog boekbesprekings, kliek HIER, of volg my by Pinterest.

One thought on “Driftwood Bay – Irene Hannon

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s