Een van daardie dae

Photo borrowed by Linda G Hill.

In reaction to Linda GHill’s one liner Wednesday, One of those days. Do you ever have days when you feel everything goes wrong? And do you ever have days when you feel everything goes right?

Party dae loop alles net skeef, dit maak nie saak wat jy doen, hoe jy probeer nie. Alles wat jy probeer is verkeerd. Mense neem jou verkeerd op, selfs jou beste bedoelings word verkeerd verstaan.

Maar laat ons nie net op die negatiewe konsentreer nie. Beleef jy ooit dae wat alles net reg loop, partykeer sommer net vanself, sonder sukkel? Staan jy soms verstom hoe die geluk sulke dae net na jou kant toe draai? Hoe jy jou geluk amper nie kan glo nie, dat jy voel of jy kan vlieg? Voel jy dan om sommer net vir God te eer en te prys?

Dr Margaretha Montagu het nou die dag iets geskryf wat my bybly:

Drie dinge om te doen om jou deur die storm te help:

1) Konsentreer op dankbaarheid. Wees dankbaar. Skryf neer waarvoor jy dankbaar is. (Selfs in die grootste storm is daar altyd iets om voir dankbaar te wees, ek praat uit ondervinding. )

2) Wees en doen goed aan ander.

3) Vertroetel jou vriendskappe. Soek jou vriende op. Nooi hulle oor na jou toe.

Dan sit ek nr 4 by: Gee eer aan God. Hou vas aan Hom.

Mag jou ‘een van daardie dae’ ‘n goeie dag wees. Onthou, soos LiefGodGrootliks sê, ons veg uit oorwinning, nie vir oorwinning nie. Jesus het klaar ons stryd oorwin. Mag ons dit altyd onthou.

Mooi dag

Toortsie

3 thoughts on “Een van daardie dae

  1. Baie waar. Ek se nounet vir Tina dat party dae wens ek dat ek ook kan se”hulle” het vakansie. Gelukkig bly ek steeds positief om elke oggend op te staan en my vroë sessie te doen en dan weer die middag wat die laaste tyd baie uitputtend is om al die kleingoed gelukkig en uit mekaar se vaarwater te hou. Een seuntjie het juis n dogtertjie met n tennisraket teen haar voorkop geslaan dat sy skoon kouekoors en bewings van die trauma gekry het. Harsingskudding gewees. Alles net n ongeluk.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!