Vir Toortsie om van rigting te verander, is glad nie vreemd nie. Die lewe is mos ‘n reis en die roete nie uitgekap in klip en steen nie. Een ding lei tot ‘n ander.
Kom ek verduidelik hoe dit werk.
Toortsie sal graag iewers in haar lewe die Camino de Sangiago wil gaan stap. As die Here ander gedagtes het vir haar, is dit ook reg, haar lewe hang nie daarvan af nie, maar dit is wel ‘n stille begeerte van die hart.
Só beveel Maréth, wat al twee volle roetes van die Camino voltooi het, aan dat ‘n mens ‘n bietjie Spaans moet leer praat as jy dit wil stap. Dit maak net jou lewe aansienlik makliker, wat logies klink.
Terwyl Toortsie nou so sit en tyd omkry op haar herstelpad, grawe sy weer die notas uit wat sy gemaak het tydens Maréth se toespraak, en besef dat dit eintik nou ‘n goeie tyd is om Spaans te begin leer. (Toortsie leer maar moeilik aan ‘n nuwe taal.)
Sy vorder einlik baie oulik met die Spaans, maar die klein stemmetjie in haar agterkop bly kerm: Hoekom soveel tyd met Spaans spandeer en jy is glad nie eers seker of jy dit óóit sal gebruik nie? Dink jy nie jy moet eerder Xhosa leer nie? Dis ‘n taal waarmee jy gereeld te doen kry? Dis ‘n brugboutaal. Jy het al in jou universiteitsdae in die Taallab op Stellenbosch gaan sit om Xhosa te probeer aanleer. Moet jy nie eerder jou kragte daarvoor inspan nie, dit klink baie meer logies? Toortsie hou nie daarvan om iets sommer net te doen nie, sy moet ‘n rede hê hoekom sy dit doen.
Toortsie loer by Dualingo of Xhosa ‘n opsie is, maar dit lyk nie of hulle dit aanbied nie. Google: Learn Xhosa. Hulle verwys Toortsie na Memrise, maar as sy die app op haar foon aflaai, is Xhosa nie een van die beskikbare tale nie. Toets dit op die rekenaar, en sowaar! Xhosa ís wel een van hulle tale. As jy eers ingelog het, is dit sowaar ook op die foon beskikbaar.
Dus, vandag het Toortsie van rigting verander. Die Spaans is nou eers ‘n bietjie op die ys gesit. Die besigwees met Spaans was nie vermorste tyd nie. Ek het ‘n klompie woorde geleer, en sou ek ooit regtig na ‘n Spaanse land gaan, kan ek mos maar weer probeer aangaan. Ek het goed gevorder. En dít was die grootste waarde van die hele oefening, dat ek ‘n muur in my eie kop afgebreek het, die gedagte dat ek nie kan onthou nie en ook nie ‘n nuwe taal kan aanleer nie. Dis sommer nonsens! Ek het gesien dat, met ‘n paar minute per dag ‘n mens sowaar ‘n klompie woorde kan aanleer. Ek vertrou dit sal al hoe makliker gaan en sodra ek moed begin kry, kan ek die Xhosas wat ek raakloop, vriendelik in hulle taal groet.
Dit maak vir my sin.
Ndifunda isixhosa. (Ek hoop ek het dit nou reg! 😳)
Groete
Toortsie
Mooi so Toorts. Dis nou lei met voorbeeld. Ek gaan sommer nou my Sepedi opknap. Sala kahle, dis mooi bly🤗🌻
LikeLiked by 1 person
Jong dankie. Kom ons kyk eers hie ek vorder. Toortsie se kop is los, hoor. 😊
LikeLike
Toortsie, jy praat so reg na my hart. Die Camino is ook op my lys van top 2…. Kom ons kyk hoe lei die Here ons. xxx
LikeLiked by 1 person
Mooi! 😁
LikeLike
Toortsie, ek het lank gespaar en geoefen en verlede jaar die Portuguese Camino gaan loop. Hou op om jou oor die Spaans te bekommer. Ek het heeltemal reggekom met Afrikaans (wat niemand kon verstaan nie), handgebare en Engels. Om Spaans te kan praat is ‘n luukse maar beslis nie noodsaaklik nie.
Dit is ‘n wonderlike ervaring, moet dit nie van jou emmerskoplys afhaal nie!
LikeLiked by 1 person
Hy salnog lank daar bly. Ek dink wel ‘n bietjie gedild nou gaan beteken dat ek in die toekoms vir langer kan stap.
LikeLiked by 1 person
Ek het regtig al gesien dat ek met vriendelikheid, handgebare en doodgewone Afrikaans baie ver kom in Europa. Mens voer mos nie elkelange tesprekke met die mense nie. 😁
LikeLike
Ek stem, ek het selfs Afrikaans in China gepraat en meer vriendelikheid en hulp gekry as wanneer ek Engels uitgepluk het.
LikeLiked by 1 person
Lyk my daar is maar wêreldwyd ‘n aversie om Engels te praat.
LikeLiked by 1 person
Jy is voorwaar ń wennertjie. Kyk nou net watse voorbeeld stel jy. Ek kan steeds na 16 jaar nie Indonesies praat nie, maar verstaan redelik wat hulle in hul taal sê. Vreemd, maar ek dink ek is nou maar eenmaal nie in tale aangelê nie. Dit nou terwyl my ma vlot Russies kon praat en vir lank in die ambassade gewerk het.
LikeLike
‘n Wennertjie? Waarvan praat mevrou dan nou? Eerder ‘n beginnertjie! 😂
Ek is seker jy sal kan as jy regtig probeer Indonesies praat.
LikeLike
Die Camino is ook nog op my emmerlysie….maar ek moet erken ek het nog nie eers na daardie apps gaan kyk nie….eish…
LikeLiked by 1 person
Nee man, los die apps. Loop stap net. 😁
LikeLike
Begin net loop. Eers om die blok, dan bietjie verder, sprei dit uit na 5km en voor jy jou kan kry loop jy lekker vêr. Die omgewing op die Camino is so mooi, jy kom nie eers agter jy loop so ver nie. Doen dit net!
LikeLiked by 2 people
Dankie vir die raad….moet net eers my stapskoene lap😁
LikeLiked by 1 person
Dit sal help!
LikeLike
😀 Ngifunda isiZulu
LikeLiked by 1 person
Aitsa!
LikeLiked by 1 person
😀
LikeLike
Oooooo nou klop my hart sommer warm vir jou. Dis opwindend om iets nuuts te leer. Dan die vrugte wat mens daarvan pluk is natuurlik heerlik soet. Dis met alles, klein treetjies op n slag tot jy geoefen is om meer te loop en dan jou afstand na die einde te bereik.
LikeLiked by 2 people
😁 Kom ons kyk hoe dit verloop. 😁
LikeLiked by 1 person
Ek dink jy gaan Xhosa taal geniet en makliker leer. Nes jy wil ek ook dinge doen wat sin maak. Laat jou intuisie jou lei. Jy sal nooit spyt wees nie. 😀
LikeLiked by 1 person
Ek glo ook dit was die regte besluit. 😁
LikeLiked by 1 person
‘n Ding moet regtig sin maak, anders hou ek nie aan daarmee nie. Daar is te veel sinvolle goed wat ek graag wil doen. 😁
LikeLiked by 1 person
Ek stem. Ek is ook so. 😀
LikeLiked by 1 person
Wonderlik, Toortsie! Dis tyd om mure af te breek tussen ons en ons landgenote. Ek sien altyd hoe helder gesigte op as ek in hul taal groet.
LikeLiked by 1 person
Absoluut. Elke mens hou daarvan as iemand moeite doen om jou in jou taal te groet.
LikeLiked by 1 person