Una het gevra dat ons onsself moet voorstel aan Christa, ‘n nuwe intrekker by Rebusfontein. Dis nogal ‘n moeilike opdrag, hoor jy my? Want wié is die Toortsie van Rebusfontein? Ek weet sowaar nie!
Vir dié wat nie weet wat en waar Rebusfontein is nie, dis ‘n magiese dorp in #MiddelManzi, geskep deur ons lekkervurige Vuurvliegie, een van die nou reeds wêreldbekende groep Towerinne. Hierdie dorpie is geskep as ‘n plek van ontspanning en ontvlugting vir die Towerinne.
Toortsie se huisie is by Towerinstraat nr 5. Dis ‘n huisie met ‘n wonderlike uitsig, ‘n bloedrooi voordeur, ‘n kuierhuisie waar die Towerinne baie welkom is. Bont, want Toortsie hou van bont. Laslappiestrooikussings, nie uiters netjies nie. Die kans is goed dat jy een of ander Bantinglekkerny in haar yskas sal kry, maar wees gewaarsku, daar mag dalk iets in wees wat vreemde gevolge kan hê. 🙂 Sy is ook lief vir musiek en jy sal gereeld ‘n singery of ander musiekmakery uit haar huisie hoor. Verder doen sy sommer handwerkies soos brei, ens. Sy is LIEF vir gesels.
Maar wie Toortsie van Rebusfontein is, is nie altyd voorspelbaar nie. Toortsie val in by die gebeure en tipies, toe sy by Una lees van Rebusfontein, is al die kruisies wat sy daarná maak, skielik verkeerd! Eers vergeet sy om die borduurraam om te sit, so daar is ‘n duidelike verskil in die werk, en sy tel sommer die kruisies verkeerd. Nou moet sy weer uittrek, en Perdebytjie sê juis dat dit die materiaal rek as jy so uittrek. Ai toggie! Dit is wat Rebusfontein aan haar doen.
Al wat ek kan voorstel, Christa, is, kom Rebusfontein toe en kom kyk maar self, ek kan jou verseker dat daar vir jou baie verrassings wag! En as daar nóg mense wat lus is om ‘n plekkie in Rebusfontein te betrek, praat met Vuurvliegie. Sy hou die sleutels van die huisies in haar hand. Jy sal nie spyt wees nie, hoor! ‘n Avontuur sal dit wees, dit kan ek jou belowe.
Dis lekker op Rebusfontein.
Toortsie
Terloops, blogmaats, ‘n baie oulike, nuwe, blogmaat wat lekker gesels is in ons midde. Loop loer bietjie in by Sonel.
Leer ken die ander Towerinne van Rebusfontein. Kliek hier.
Mooi bekendstelling, Toortsie!
LikeLiked by 1 person
Dankie
LikeLiked by 1 person
Toorts onthou om aan te skakel by Inlinkz…
LikeLike
Dankie vir die herinnering. Ek oortree altyd hierdie een. Die rede is dat ek dit al gister geskryf het en geskeduleer het. Ek maak gou so.
LikeLike
Ai ou Toortsie, die opwinding wat Rebusfontein veroorsaak krap toe sommer jou kruisies deurmekaar. Tisk, nou is dit weer uittrek en weer begin. Goeie bekendstelling, jys n ekstra geliefde towerin.
LikeLiked by 1 person
Ag dankie, al die Towerinne is ekstra geliefd, maar ek vat hierdie vir my, hoor. 🙂 Tsk, uittrek, sowaar. Ai, man, en ek konsentreer dan só mooi. Rebusfontein smokkel regtig met ‘n mens se kop!
LikeLiked by 1 person
Daardie smokkel met mens se kop kan nogal n mens van jou wysie of paadjie af lei.
LikeLike
Duidelik, soos jy sien dit al weer hier by my gebeur het!
LikeLiked by 1 person
Flukse Toortsie vir almal aansporing…
LikeLiked by 1 person
Nee man, julle is net so fluks, julle blaker dit net nie so uit nie. 😊
LikeLike
Jy gaan mos nog ses weke siekverlof neem…dus baie tyd vir borduur en uittrek!!! Dis net die musiek wat stil geword het. 😊
LikeLiked by 1 person
Ja, RSG sal maar moet uithelp en Perdebytjie langsaan. Sy is mos eintlik die musiekguru.
LikeLiked by 1 person
Perdebytjie is baie stil. Sal by haar huisie moet gaan inloer. Miskien is sy Namibië toe.
LikeLiked by 1 person
Kan wees.
LikeLiked by 1 person
Ek hoop nie daai ekstra 6 weke gaan nodig wees nie, dalk sommer net gewone verlof.
LikeLiked by 1 person
Klink my mens kan in Robuustfonrein al die droomlike weergawes van jouself wees wat jy sukkel om in die werklikd lewe te wees. Klink na baie pret. Ek dink ek moet by Vuurvliegie gaan kuier vir sleutels. 🌼
LikeLiked by 4 people
Jy beskryf dit perfek. Daar is geen reëls nie en jy besluit self watter droommeisie jy wil wees. 😁
LikeLiked by 1 person
Rebusfontein Nommer 19 is joune – trek in!
LikeLiked by 2 people
Hiehaaa! 😁
LikeLike
Dit klink heerlik! Dankie! 💗 Hoe trek ek in? Wat mag ek sasm bring?
LikeLike
Jy beskrywe jou huisie, bring wat jou hart verbly….onthou om die skakel onderaan my skrywe in te sluit. Dan gaan jy en plaas jou skrywe na publikasie ook by Inlinkz. Welkom.
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLike
Jitte, ek het gaan registreer op Inlinkz, maar daar gekom weet ek nie waar moet ek my link plaas nie… Julle sal my moet lesse gee.🙄
LikeLiked by 1 person
Ons sal 😁 Ek moet net by my rekenaar uitkom.
LikeLiked by 1 person
Ek sal gou dit vir jou doen
LikeLiked by 1 person
Baie dankie! xx
LikeLike
Jy besluit self hoe jou huisie lyk. Jy kom vertel vir ons. En jy soerl saam as jy wil. Lekker! 😁
LikeLike
Dankie Vuurvliegie, dis ‘n groot eer! Ek gaan net my glaskas bietjie afstof en kyk wat ek als wil saam vat. Een van die dae trek ek in! Jul gaan mal wees oor my huisie.
LikeLiked by 1 person
Ons is vol afwagting! 😁
LikeLike
Ons wag…
LikeLiked by 1 person
Jitte Vuurvliegie, ek is lyk my erg tegnologies gestremd. Ek klik op Rebusfontein en dan kan ek begin tik en dit verskyn dan op jul groep?
Ek het op die ander link geregistreer, maar ja, die wieletjie draai net en niks meer nie…. skuus! En ek het als so mooi reggepak om in te trek.
LikeLike
Jy skryf op kou eie blog jou storie. 😁 Dan plak jy die skakel van jou storie by inlinkz
LikeLike
Pajama. Jy skryf jou blog oor jou huisie en publiseer dit. Ek sal dit vir jou op die inlinkz aanskakel.
LikeLiked by 1 person
Maak so, ons verwag jou!
LikeLiked by 1 person
As jy nou in Rebusfontein was, sou die steke vanself reg gelê het. Dis mos ‘n dorp wat elkeen van sy inwoners soos ‘n handskoen pas.
LikeLike
Ja, maar nou was ek nie en toe moes ek maar die ou stekies uittrek. Ai. Meer agtertoe as vorentoe party dae.
LikeLiked by 1 person
“Life is like a cha-cha-cha…..” Lekker borduur liewe Toorts.
LikeLiked by 1 person
Besig met my Rebusfonteinhuisie. 😁
LikeLike
🏡🏘📚✏🤗
LikeLike
🙂
LikeLike
Pragtige bekendstelling Toortsie en dankie vir die noem. Jy is te dierbaar! Jou huisie klink tog te heerlik vir woorde en so vol lewe en lekker atmosfeer. 😀
LikeLiked by 1 person
Plesier. 😊
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, ek sal probeer! Aangename kennis!
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLiked by 1 person
Ek kry die link nie reg nie, het alles geplak, maar ek kry nie die e-pos wat my aanvaar nie. Sal more probeer, ek is doodmoef. Die blog is geskryf …
LikeLike
Watter e-pos moet jy dan kry? Ek kry glad nie e-pos van WordPress af nie. Bedoel jy ‘n e-pos dat jy nou ‘n Towerin is?
LikeLiked by 1 person
Die een van inlinkz af, maar dit lyk my ek hoef nie daar aan te sluit nie?
LikeLiked by 1 person
Nee ons kry nie ‘n e-pos nie. Jy moet net jou skakel daar laai. Dit is jou blogadres wat jy inkleur en regskliek en copy en dan paste by Inlinks.
LikeLiked by 1 person
Dit wil hê ek moet inlinks adres en e-pos gebruik of Facebook, ek wil nie FB link nie. Dalk moet ek maar?
LikeLike
O ons gebruik maar fb, maar ek het ook ‘n rekening geskep met password.
LikeLiked by 1 person
Dankie, ek sal volgende keer regkom hoop ekke.
LikeLiked by 1 person
Ek het nou begin lews aan joune en dis so opwindend! My kleinkinders kuier tans by my, ek dink ek gaan dit later lees wanneer ek my volle aandag hieraan kan gee. Al wat ek solank kan sê, is, welkom nuwe Towein! 😁
LikeLiked by 1 person
Dankie Toortsie
LikeLiked by 1 person