Die Toortsie van Rebusfontein

Una het gevra dat ons onsself moet voorstel aan Christa, ‘n nuwe intrekker by Rebusfontein. Dis nogal ‘n moeilike opdrag, hoor jy my? Want wié is die Toortsie van Rebusfontein? Ek weet sowaar nie!

Vir dié wat nie weet wat en waar Rebusfontein is nie, dis ‘n magiese dorp in #MiddelManzi, geskep deur ons lekkervurige Vuurvliegie, een van die nou reeds wêreldbekende groep Towerinne. Hierdie dorpie is geskep as ‘n plek van ontspanning en ontvlugting vir die Towerinne.

Toortsie se huisie is by Towerinstraat nr 5. Dis ‘n huisie met ‘n wonderlike uitsig, ‘n bloedrooi voordeur, ‘n kuierhuisie waar die Towerinne baie welkom is. Bont, want Toortsie hou van bont. Laslappiestrooikussings, nie uiters netjies nie. Die kans is goed dat jy een of ander Bantinglekkerny in haar yskas sal kry, maar wees gewaarsku, daar mag dalk iets in wees wat vreemde gevolge kan hê. 🙂 Sy is ook lief vir musiek en jy sal gereeld ‘n singery of ander musiekmakery uit haar huisie hoor. Verder doen sy sommer handwerkies soos brei, ens. Sy is LIEF vir gesels.

Maar wie Toortsie van Rebusfontein is, is nie altyd voorspelbaar nie. Toortsie val in by die gebeure en tipies, toe sy by Una lees van Rebusfontein, is al die kruisies wat sy daarná maak, skielik verkeerd! Eers vergeet sy om die borduurraam om te sit, so daar is ‘n duidelike verskil in die werk, en sy tel sommer die kruisies verkeerd. Nou moet sy weer uittrek, en Perdebytjie sê juis dat dit die materiaal rek as jy so uittrek. Ai toggie! Dit is wat Rebusfontein aan haar doen.

Al wat ek kan voorstel, Christa, is, kom Rebusfontein toe en kom kyk maar self, ek kan jou verseker dat daar vir jou baie verrassings wag! En as daar nóg mense wat lus is om ‘n plekkie in Rebusfontein te betrek, praat met Vuurvliegie. Sy hou die sleutels van die huisies in haar hand. Jy sal nie spyt wees nie, hoor! ‘n Avontuur sal dit wees, dit kan ek jou belowe.

Dis lekker op Rebusfontein.

Toortsie

Terloops, blogmaats, ‘n baie oulike, nuwe, blogmaat wat lekker gesels is in ons midde. Loop loer bietjie in by Sonel.

Leer ken die ander Towerinne van Rebusfontein. Kliek hier.

53 thoughts on “Die Toortsie van Rebusfontein

    1. Ag dankie, al die Towerinne is ekstra geliefd, maar ek vat hierdie vir my, hoor. 🙂 Tsk, uittrek, sowaar. Ai, man, en ek konsentreer dan só mooi. Rebusfontein smokkel regtig met ‘n mens se kop!

      Liked by 1 person

          1. Jitte Vuurvliegie, ek is lyk my erg tegnologies gestremd. Ek klik op Rebusfontein en dan kan ek begin tik en dit verskyn dan op jul groep?
            Ek het op die ander link geregistreer, maar ja, die wieletjie draai net en niks meer nie…. skuus! En ek het als so mooi reggepak om in te trek.

            Like

  1. Pragtige bekendstelling Toortsie en dankie vir die noem. Jy is te dierbaar! Jou huisie klink tog te heerlik vir woorde en so vol lewe en lekker atmosfeer. 😀

    Liked by 1 person

    1. Ek het nou begin lews aan joune en dis so opwindend! My kleinkinders kuier tans by my, ek dink ek gaan dit later lees wanneer ek my volle aandag hieraan kan gee. Al wat ek solank kan sê, is, welkom nuwe Towein! 😁

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!