Tyd

Tyd is ‘n relatiewe begrip. As ons nog net ‘n maand oor het voor ‘n vakansie, is die tyd, in my oë, al om. Dan is dit net vlieg en gryp en woerts hier en woerts daar om alles betyds klaar te kry voor ons vertrek. Tel jy egter die dae van herstel na ‘n operasie, tiek die tyd stadig, maar seker verby. Jy tel en tel en tel die dae en steeds bly dit by 26 dae oor. Ses-en-twintig-dae. 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26. En as ek netnou weer tel, kom ek net weer daarby uit: 26.

Dae van die week is ook ‘n moeilike een. Soms, in my gewone lewe, vergeet ek watter dag dit is. Wanneer ek so erg gejaagd is en ek kom agter dis maar nog Woensdag, en nie Donderdag soos ek gedink het nie, voel dit of ek sommer ‘n hele dag wen! Die teendeel is egter ook waar as ek dink dis nog Woensdag en dan met ‘n skok besef dis al Donderdag! Maar hier op my bed bly dit sowaar heel dag Woensdag. Woensdag, Woensdag, WOENSDAG!

Tog is ek glad nie verveeld nie. Ek hekel en brei en lees en leer Spaans (ai toggie, daardie kite gaan dalk nie vlieg nie!), borduur. Om die waarheid te sê, ek kry eintlik baie uitgerig! Iewers tussendeur slaap ek ook nog sommer ‘n stukkie. En ek kom nie by my kantoorwerk uit nie! Ek wou resepte begin tik het in ‘n moontlike boek 3, maar kom ook nie daarby uit nie! Ek hou ook heeltemal te min stiltetyd weens gebrek aan tyd!

Kyk nou maar mooi hoe glip hierdie 26 dae onder my voete deur en voor ek my kom kry is ek by een dag oor en is die trui nie klaar gebrei nie, die borduurwerk nie klaar nie, die helfte van die boeke wat ek wou lees, nie gelees nie, die resepte nie getik nie, blablabla …

Klink my my koppie is besig om uit te haak, maar indien wel, waarheen sal hy tog rol? Vanaand, as ek weer kyk, sal hy maar nog net hier wees, op die bed, waar hy heeltyd was.

Geniet jou dag. Maak gebruik van elke sekond.

Toortsie

7 thoughts on “Tyd

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s