Met ‘n knop in my maag het ek die grootmense so geluister die afgelope paar dae. Daar was ‘n benoudheid onder hulle, ‘n bangheid, wat ook in my, Sylvia, se lyf kom sit het. As die grootmense bang is, hoe kan ek dan nie bang wees nie, ek is dan maar net ses jaar oud?
Al vir dae is dit drukkend warm hier by ons, die sweet klou so aan ons en ons klere is vasgeplak aan ons lywe. Ons wil sommer net op ‘n hopie sit en wens dit wil reën. Oom Johnie sê ons moet voorbereid wees, hier kom ‘n groot storm aan. Ek weet nie hoe hy dit weet nie, maar die grootmense sê oom Johnie weet waarvan hy praat. Hulle sê die weer broei darem net te vreemd en dit hou aan en aan, daar kom net nie verligting nie. Hulle sê die weer raak al hoe snaakser, dit reën nie meer so gereeld nie en wanneer die reën kom, kom hy met al sy mag en vat net weg wat voor is.
Saterdag het ma vir my gesê ek moet haar help, ons moet maar wasgoedjies was, met die weer wat so opsteek, sy is bang dit reën Maandag en dan word ons klere nie droog nie.
Van ver af het ons die gerammel gehoor. Die donderweer was verskriklik. Sulke blitse het ek nog nie beleef nie. Toe het dit begin reën en die wind het gewaai, stormsterk. Die storm het net al hoe erger en erger geword. Ons huise se dakke het begin afwaai. Dit het aangehou reën en ons het bang geraak, want die rivier het voller en voller geraak. Só vol dat die walle begin oorstroom het. Die water het net nog hoër geraak en toe ons sien, begin die water by ons huis inloop. Ek kan nie swem nie.
Ma het net gesê ons moet ons baadjies en skoene aantrek en gryp wat ons kan en hardloop. Ons het betyds weggekom. Al ons besittings het weggespoel. Ons het daar by die teebos gaan sit en wag en gekyk hoe die water alles voor ons wegvat. Ek was so bang. Dit was koud en ons was honger.
Eers ‘n dag later het hulle ons kom red.
……………………………………………
Suiwer verbeelding van Toortsie, in opdrag van Scrapydo. Woorde in swart gedruk, is die woorde wat Scrapydo gegee het vir die opdrag.
Nou het jy n mooi storie begin en dit net deur die paar woorde te gebruik. Wys jou net wat jy kan doen. Ek hou van die stuk. Dit bou op en kom tot n klimaks en het n goeie einde. Jy kan beslis probeer om dit in te stuur vir n skryf rubriek of so iets. Dit gee ook geleentheid vir opvolg ook. Wel gedaan.
LikeLiked by 1 person
Haai dankie. 😊
LikeLiked by 1 person
Oulik geskryf Toortsie
LikeLiked by 1 person
Dankie 😊
LikeLiked by 1 person
Goed geskryf Toorts!
LikeLike
DAnkie 🙂
LikeLike
Dankie vir jou inligting ek gaan die naweek verder rondspeel. Het darem my Wie ek is as page opgesit.
LikeLiked by 1 person
Die inligting het ek uit my kop getik, dis dalk nie 100 persent reg nie, maar jy sal regkom as jy daarby is.
LikeLike
Baie dankie sal probeer.
LikeLiked by 1 person
Hier het ek hom nou: Beheerpaneel; Instellings; Praatjie
LikeLiked by 1 person
Welgedaan!!!
LikeLiked by 1 person
Nou het sy al weer ‘n nuwe uitdaging.
LikeLiked by 1 person
Ek is nie by met die uitdaging nie. My kop draai bietjie. Êrens het ek iets gemis. Verstaan nie van kreukels en plooie nie 🤔
LikeLiked by 1 person