Die waarde van skryf

Twee goed het aanleiding gegee tot hierdie bloginskrywing. Die een was ‘n opmerking in die boek, Breek vry van jou verlede, deur H.Norman Wright en die ander ‘n bloginskrywing deur Dr Magaretha Montague, Get real value from gratitude journaling.

Ek geniet hierdie boek baie en sal dit graag aanbeveel vir mense wat van sulke tipe boeke hou. H. Norman Wright skryf interessant oor verskillende onderwerpe, soos herinneringe, ons gedagtes, vrees vs hoop, treur oor verliese van gister, trauma. Hy help my om sekere dinge beter te verstaan. ‘n Mens kan beslis iets uit hierdie boek leer, iets om in jouself te groei, om ‘n stukkie heel te kom, ‘n stukkie te genees.

In die hoofstuk oor herinneringe skryf hy oor slegte herinneringe uit ons verlede wat ons kan maak of breek, dat ons selfs kan leer uit die slegte herinneringe uit ons kinderdae en kan groei daardeur. Die rede is dat ons dit onthou uit die oë van ‘n kind en wanneer ons nou, as volwassenes, objektief daarna kyk, ons selfs anders daaroor kan begin voel.

Hy stel voor dat ons ‘n biografie skryf, met die hand verkieslik, omdat ons dan meer gefokus skryf, stadiger skryf, en dit ook herinneringe ontsluit wat ons al vergeet het. Dat dit ons kan help om te genees.

Dadelik het my gedagtes gegaan na my gebedsjoernaal waarin ek skryf. Ek skryf nie elke dag nie, maar wanneer ek skryf, is dit ‘n A4 blad vol. Oor jare het ek my vreugdes en pyn uitgeskryf vir die Here, het ek verligting ontvang, het ek gehuil, gelag, dankbaarheid betoon. Die dae wat ek geskryf het, was beslis vir my meer belonend as die dae wat ek sommer net vinnig Bybel lees en bid. Dit help my om te fokus, om rustiger te dink oor dinge, dieper in te gaan.

In die bloginskrywing wat ek genoem het, gee Margaretha Montagu ‘n wonderlike oorsig oor ‘n dankbaarheidsjoernaal, dat daar nie regtig reëls is nie, dat jy dit doen soos dit by jou persoonlikheid pas, volgens jou eie reëls. Sy gee oulike idees oor hoe om dit te doen.

Op die ou end gaan dit nie oor die hoé nie, maar oor die dát. Dat jy dit doen. Dat jy dit waag om jou herinneringe neer te skryf, dat jy ‘n dankbaarheidslys maak of ‘n gebedsjoernaal of wat ook al. Dat jy bid. Geen reëls nie, doen dit net.

Groete

Toortsie

Vir meer boekbesprekings, kyk gerus HIER, of volg my boekbesprekings op Pinterest.

5 thoughts on “Die waarde van skryf

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s