Woordsnoere 5: Una se ABBA-partytjie

Una laat die aap uit die mou:

Sy gaan ‘n ABBA-partytjie hou!

Die Towerinne is almal genooi,

hulle moet hulle na behore tooi.

Die Towerinne se opwinding is frappant,

sy nooi sowaar elke kalant!

Die uitdrukkings in die oë geluksalig,

die gedagtes aan die partytjie rooskleurig.

Sommige van hulle sit net daar droomverlore

hul staar in die verte met hul voete in kleivore.

Hulle het groot planne vir hierdie fantasia

Hul wil Una vereer met ‘n kamelia.

Hier by ons is dit nou nog maar herfstyd

die aand van die partytjie lê nog wyd.

Niks sal egter die opwinding keer nie,

geen jakkalstroureëntjie, selfs nie ‘n kleintjie.

Die aand van die partyjie is hier!

Laat ons dit met vreugde gaan vier!

By die partytjie is dit nog tjoepstil,

‘n mens kon selfs ‘n appeltjie of twee skil.

Met ‘n groot hoehaai kom die Towerinne ingewaai.

Elkander staan hulle oopmond en verwonder.

Duidelik soos daglig is die Towerinne se vriendskapsverbond

die res voel uitgesluit soos ‘n steekbaardhond.

Seegogga wil lyndans op Abba,

sy het die kuns verfyn.

Die ander wil losdans of Samba

ag, dis sommer net vir die skyn.

Dit skater en dit lag

die partytjie hou aan tot douvoordag.

Daar was nie eers een ou ronkedoor

wat loop en knor of soek net skoor.

Dankie, Una, dit was ‘n fees,

en dankie, Vuurvliegie, die uitdaging was behoorlik gewees.

Dit was bietjie bo ons vuurmaakplek,

maar het die waarheid uitgelek.

(Toortsie)

So maak mens :

Jy kan ‘n enkele stel woordsnoer rymwoorde as inspirasie vonk gebruik, of al die rymwoorde – nes jy lus het.

Tower dan jou rym. Maak seker om die woord (e) in vetdruk (bold) aan te dui in jou skrywe.

Ons uitdaging strek oor twee weke, 20 Junie sal die skakel sluit. Nooi blogmaats om saam te kom speel! En moenie vergeet om jou bydrae op Inlinkz te gaan aanhaak nie! https://fresh.inlinkz.com/p/86350a0e80e643788015a86178e3b125

29 thoughts on “Woordsnoere 5: Una se ABBA-partytjie

  1. Jy is ń bobaas rymelaar! Of wat is die woord? Ewenwel, ek raak sommer van voor af lus vir my partytjie, en dis ń werklike een, julle!!!💃💃💃Dankie Toortsie, jy is ń stêr.

    Liked by 1 person

    1. Die rymelary het Vuurvliegie mos namens ons gedoen. 😊 Ek moes net die sinnetjies aanmekaar sit, die woordjies snoer. 😁
      Ek hoop nie ek het nou ‘n geheim uitgelap nie! 😳

      Like

  2. Ek het nognie die deel van my kreatiwiteit ontwikkel nie, maar sal graag eendag wil deelneem aan die woordsnoere.

    As daar nou een ding is wat my altyd opgewonde maak dan is dit ‘n partytjie. As ek hoor ABBA, dan dink ek aan MamaMia (wat my aan Anouk laat dink) en dan is ek sommer reg vir ‘n partytjie…

    Liked by 1 person

    1. Jy kan dit regtig oorweeg om met tyd aan die blogspeletjies en -uitdagings deel te neem. Dis lekker, uitdagend, en dwing jou om totaal buite die boks te dink. ‘n Mens ontwillel regtig daardeur.
      Hierdie keer het Lekkervurig klaar die rymwerk gedoen, ons moes net die res invul. 😁
      En maak ek ‘n gek van myself, is dit ook reg. 😁
      En dis gelukkig vrywillig.

      Like

      1. Beslis. Ek hoop om more rustig te gaan sit en iets uit te werk. Daar is gedurig onvoorsiene onderbrekings hier by my wat my sommer maklik van my rympie af haal. gelukkig beplan die kinders om more bietjie weg te gaan so hopelik werk dit.

        Like

        1. Bloguitdagings oor baie jare het my geleer om te waag met my skryfwerk. As kind was ek altyd baie selfbewus oor my opstelle wat ek ingehandig het. Ek sou beslis nie aan so ‘n uitdaging deelgeneem het nie.
          Ek dink daaraan om aan vlg jaar se VLV-uitdaging deel te neem. Dis nogal ‘n gedig. ‘n Ballade. Erg bo my vuurmaakplek, maar hiekom dan nie? Dan maak ek maar my naam krater en wat daarvan?

          Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s