Camino aantekeninge

Hierdie is die aantekeninge wat ek gemaak het toe Maréth Spamer ons VLV kom toespreek het nadat sy al ‘n tweede roete van die Camino de Santiago in Spanje voltooi het. Ek het een keer sommer uit my kop geskryf, maar nou eers weer die aantekeninge ontdek.

  • Sy sê die ‘magic van die Camino’ het haar getrek en sy wou al lankal gaan om dit te beleef.
  • Rugsak is simbolies van wat het ek regtig nodig. As jy jou sak laat anry, moet jy steeds met min gaan.
  • Dis swaar, lekker, mooi.
  • Om alleen te gaan is minder ingewikkeld. Ingewikkelde verhoudings raak meer ingewikkeld. As jy alleen gaan, is jy meer afhanklik van die plaaslike mense.
  • Daar kom spontane ontmoetings met ander mense wat jy onthou.
  • Dit help baie as jy ‘n bietjie Spaans kan praat. Die oomblik as jy vrot Spaans uitruk, ruk hulle hulle vrot Engels uit.
  • Jy moet jou intuïsie vertrou, jy sal weet waar jy veilig is.
  • Euro’s. Betaal meestal kontant.
  • Goedkoop manier van reis. Hou by die Camino. Bly in Albergues.
  • Slapery is ‘n uitdaging op sy eie.
  • Albergues E9-15 per nag. Gem E12 per nag.
  • Pilgrims menu is ‘n driegang ete vir E12-E14. Hou by Pilgrims Menu en slaap in Albergues E35/nag.
  • Jy koop niks, want alles moet jy saamdra. Haar budget: E45-50 per dag.
  • Pension kos E22, is netjieser as die Albergues.
  • As jy alleen in ‘n kamer wil slaap, is dit duur.
  • Dis veilig, niemand vat iemand se rugsak nie.
  • ATM’s is oral.
  • Jou voete is jou kosbaarste besitting, jy moet goed kyk na jou voete. Leuse: Om te stap sodat hulle môre weer kan stap.
  • Jou lyf moet gebrei wees. Sy glo dat die feit dat sy yoga doen, haar baie help.
  • Die beste tyd om dit te doen, is van einde Maart/begin April tot einde Oktober.
  • Onthou dat daar siësta is vanaf 2 tot 6 nm. Dan is alles toe.
  • Daaglikse roetine: Walk, eat, wash cothes, sleep.
  • Ligter skoene, twee paar katoensokkies. (Sy het 3 paar sokkies by haar.) Elke keer as sy stop, trek sy haar skoene uit sodat haar voete lug kry. Sy ruil elke keer by die ruskans haar sokkies om en trek droë sokkies aan.
  • Sy smeer lavenderolie en teatreeolie aan haar voete.
  • Kyk by eetplekke of jy jou skoene kan uittrek.
  • Sy verkies om allen te gaan. Neem alle medisyne saam: Corenza, Rehidrate, Linctagon, Teatree, iets vir bytplekke.
  • Loop met ‘n langbroek, al is dit warm.
  • Kyk dat jy gesond is as jy by die huis weggaan. Boost jou gesondheid voor jy gaan.
  • Loop liggies, dis nie ‘n wedstryd nie.
  • As jou tyd min is en jy wil wel tot by Finestera stap, kan jy dalk ‘n bus vat vanaf Santiago na Hoeksera (?0 en net die laaste stukkie seelangs tot by Finestera stap.
  • Haar rugsak is 7 kg. Daarin is slaapsak, donsjas, reënjas, kaak om sak aan op te hang, hoed, plakkies, emergency kit, kneeguard, ancle guard.
  • ‘n Mens verdwaal nie op die Camino nie.
  • Wandelstokke noodsaaklik.

Dit bly steeds iets wat my aandag trek en wie weet, dalk kom die geleentheid tog eendag oor my pad. Dit sal nie meer vanjaar wees, soos ek gehoop het nie, maar wie weet wat die toekoms inhou? My lewe hang nie daarvan af nie, ek sit nie my hele hart daarop nie, maar dalk, net dalk, gebeur dit tog.

Groete

Toortsie

22 thoughts on “Camino aantekeninge

  1. Mariaan my haarkapster is sopas terug van haar Camino trip. Sy het daagliks vir ons fotos opgesit sodat ons kan sien. Sy sê dit was awesome. Beplan om oor twee jaar saam met haar man en twee dogters te gaan stap.

    Liked by 1 person

  2. Ons is 3 vriendinne wat op ons eis die Camino in Portugal en Spanje gaan stap.Ons begin Dinsdag 18 Junie in Porto (stap eers ‘n ent weg op Portugese een voor ons oorgaan in Spanje). Was op my kluitklaplys.

    Liked by 1 person

    1. Ek wou dit graag in hierdie jaar doen, maar sou dan slegs 3 weke kon stap. As jy ‘n hele roete wil volg, het jy omtrent 6 weke nodig, lyk dit my. Vanjaar is nou uit, dalk doen ek dit nog. Dis mos juis wat lekker is hiervan, dat jy kan stap soveel en sover jy wil.

      Like

        1. Die rede hoekom ek dit graag sal wil noem:
          1) Dit gee my die geleentheid om te reis, en op ‘n ander manier. Stadig, te voet. Jy leer die wêreld dan anders ken.
          2) Ek is lief vir stap.
          3) Die Camino is nog relatief veilig, veral vir pelgrims. Pelgrims word beskerm in Spanje.
          4) Jy kan dit goedkoper doen as jy wil.
          5) Jy kan jou sak laat aanry.
          6) Jy besluit self hoe ver en lank jy wil stap. Net ‘n week? Of 6 weke?

          Like

    2. Ek dink, in hierdie geval, gaan dit vrugte afwerp as ek wag. Ek het die gevoel dat ek dalk in die toekoms meer tyd sal hê en dan verder kan stap. Hier is baie faktore betrokke, ek wil bv hê my man moet dit saam met my doen en hy kan regtig nie nou nie.

      Like

        1. Ek sien nie kans om dit alleen te doen nie, ek het geen rigting nie en raak onmiddellik angstig as ek verdwaal. Ek voel ook veilig saam met hom. Die samesyn sal beslis goed wees vir ons verhouding, die feit dat ons 100 persent op mekaar aangewese is. As hy saamloop sal ons tien teen een nie in die albergues bly nie, maar in ander verblyf, wat dit diurder sal maak.

          Like

Gesels saam, asseblief!