Kameel is baie bekommerd dat ek my nie sal stil gedra vir die volle tyd nie. Vanoggend help Maria my om my klere op te hang, my kas is hoog en ek wil my nie onnodig strek nie. Toe sy klaar is, bly hierdie twee hangers op my bed agter:
Ag nee man, Toortsie! Skaam jy nie vir jou nie?
Net daar, met Kameel in my agterkop, besluit ek dat dít dan my projek van die dag sal wees, mooi soet op my bed.
Marius help my gou om die swaar kas oop te maak en wol te kry. Hierdie sakkie afvalwolletjoes is nét wat ek nodig het.
Intussen bel Kameel my sowaar om te hoor of ek my gedra! 😳
So, Kameel, ek was heeldag op my bed. Soet. Jy sou só trots wees op my. En kyk bietjie hoe lyk die twee armsalige hangertjies met ‘n bietjie Toortsieliefde. 😊
Onthou, dis nie kompetisiehekel nie, ook nie vir geskenke of verkoop nie, moet dit dus nie met ‘n vergrootglas bekyk nie.
Ag, en net om doodseker te maak ek skaam my nie gou weer nie, bekyk die prentjie weer.
Kameel, ek hét my bietjie ooreis vandag met die hekelry. Vir baie lank is ek nou vir eers klaar met hangers oortrek.
Ek was soet, hoor!
Toortsie
Dis baie mooi, Toortsie! Een so ‘n hanger sou my ‘n week vat…
LikeLiked by 2 people
Dankie. As jy soet op jou bed moet sit, gaan dit vinnig. 😁
LikeLiked by 1 person
Stoute Toorts!
LikeLiked by 1 person
Nooit! Jy het dan al kom sien hoe soet ek is!
LikeLike
Toe het ons saamgestem dat ek jou ooreis het en dat jy meer moet rus! Ma nouja, as mens nog jonk is, is stilsit seker moeilik….
LikeLiked by 2 people
Maaarrr ek het doodstil op my bed gesit. 😁
LikeLiked by 1 person
What a stunning idea, dear Toortsie! I also have a lot of yarn left from knitting. I will follow your example. Thank you very much!
LikeLiked by 2 people
I’m glad 😊
LikeLiked by 1 person
🙂 Most stunning ideas are always so simple!
LikeLiked by 1 person
Jy is my hero! Die hangers lyk pragtig en jy gedra jou soet.
LikeLiked by 2 people
❤️
LikeLike
Ek is BAIE trots op jou!!! Die hangers lyk pragtig vlytige vrou… baie beter as daardie armsalige hangertjies van voorheen 😂😂😂 Slaap nou lekker. Môre pak jy sit-sit ‘n nuwe projek aan 😊
LikeLiked by 2 people
Môre lê ek en lees.
LikeLiked by 1 person
Applous 👏 Jy is baie oulik.
LikeLiked by 1 person
😁🥂
LikeLike
Tien uit tien vir vleitigheid en stilsit! Dit wil gedoen wees. Ek kan onthou net na my operasie het ek dadelik kierst regop gesit en trui-brei. Verpleegpersoneel konnie glo nie. As mens n besige persoon is moet jy iets he om jou hande besig te hou anders houjy nie by jou stilsit ooreenkoms nie. Baie bly jy hou jou rustig.
LikeLiked by 1 person
Ek sit-lê maar en hekel. Ek wil graag met ‘n borduurstuk begin en is eintlik besig om ‘n trui vir my skoonseun te brei. Genoeg om my besig te hou, nou kyk ek al weer na bababaadjies. 😂
LikeLiked by 1 person
Dis eintlik lekker om so te kyk na nuwe patrone en idees. Bababaadjies gaan ook vinniger as n vol trui. Party kere wil mens vinniger by die einde kom sodat daar weer iets nuuts begin kan word. Hekel is ook makliker as brei as mens sit-lê.
LikeLiked by 1 person
Ek besef nou my arme man se hangers lyk net so afgeskeep. Sies tog. Ek sal vandag daaraan aandag gee.
LikeLike
Ha ha, dis goed. Mens kry mos ook nie sommer meer hout hangers nie. Alles is mos nou plasties. Houthangers is nou erfstukke. Ek het n klomp saamgebring wat my ma nog gebrei het en net ek gebruik hul en ook net vir spesiale klere.
LikeLiked by 1 person
Eish…waar is my dae toe ek al my hangers so oorgetrek het…jou hangertjies lyk alte fraai. Dis regte Rebusfontein hangers daai!
LikeLiked by 2 people
Erg bont, maar ek gee nie om nie.
LikeLike
Die feit dat jy rustig moet wees, dwing jou nou om dinge te doen waarvoor jy nie altyd tyd het nie. Jou hangers is pragtig! Nie net kook onse Toorts fantasties nie, sy hekel soos ‘n pro!
LikeLiked by 1 person
Hoor hoor! Ek het gedink om dalk ekstra 6 wele verlof in te sit. 😁
LikeLiked by 1 person
Jinne jy is oulik
LikeLiked by 1 person
😂 moet besig bly. Het toe vandag nog gehekel, want ek sien toe dat my man se hangers ook ‘n bietjie toortsieliefde nodig het.
LikeLike
Aaah Toortsie liefde klink vir my na ‘n wonder middel wat baie krom kan reguit maak. Bly net rustig hoor? Jy moet ons nog lank hou
LikeLiked by 1 person
So rystig soos kan kom en raak by die dag luier. 😁
LikeLike
My ma het altyd my hangers so mooi oorgetrek…. nou sal ek dit moet probeer doen! lekker rus!
LikeLiked by 2 people
Ai Toortsie, laat jy my nou verlang na my MA. Daar was nie so ding soos ‘n hanger so Der’ n oortreksel nie. Mal daaroor en dink jy is awesome. Bly alles goed verloop en great jy gedra jou stil🌻🌻🤗
LikeLiked by 1 person
Ek probeer stil wees, maar is tog maar bang ek maak iewers ‘n fout.
LikeLike
Jy DrA niks swaarder as ‘n telefoon boek nie, en gebruik nie spiere wat jy voel as jy hoes nie. En daai van stoot iets met die heup is uit.
LikeLiked by 1 person
Dankie vir hierdie. Want ‘jy mag nie swaar optel nie.’ Wat is ‘swaar’? 😊
LikeLike
🌻
LikeLike
En dieslfde vir spiere wat men’s gebruik vir Kar be stuur. Soos hulle dit norm jou ‘core muscles’. Maak nou sin, maar oor ‘n week of 2 raak dit moeilik om te onthou en dan glip daai’ ek Sal net gou die skuif dan weet ek is gedoen of reg’. Dis waar die drama begin. Laprascopic of oopmaak, surgery, die herstel tyd bly dieslfde, die feit dat snytjies klein is, meen niks, selfde opersasie binne. Minstens 4 tot 6 weke vir abdominal, langer vir ander , x🌻🌻
LikeLiked by 1 person
Dankie. Wel ek het ‘n baie duidelike abdominaal gekry. 😊
LikeLike
6 weke se lekker I haal met al die goed wat jy altyd afstel oor goed wat ‘nou’ gedoen moet word. Die 6 weke is better as breuk herstel en al daai drama, lekker lees, blog, brei, hekel. Jou tyd🌻😉
LikeLiked by 1 person
Dankie.
LikeLike