‘n Blog spesiaal vir Kameel

Kameel is baie bekommerd dat ek my nie sal stil gedra vir die volle tyd nie. Vanoggend help Maria my om my klere op te hang, my kas is hoog en ek wil my nie onnodig strek nie. Toe sy klaar is, bly hierdie twee hangers op my bed agter:

Ag nee man, Toortsie! Skaam jy nie vir jou nie?

Net daar, met Kameel in my agterkop, besluit ek dat dít dan my projek van die dag sal wees, mooi soet op my bed.

Marius help my gou om die swaar kas oop te maak en wol te kry. Hierdie sakkie afvalwolletjoes is nét wat ek nodig het.

Intussen bel Kameel my sowaar om te hoor of ek my gedra! 😳

So, Kameel, ek was heeldag op my bed. Soet. Jy sou só trots wees op my. En kyk bietjie hoe lyk die twee armsalige hangertjies met ‘n bietjie Toortsieliefde. 😊

Onthou, dis nie kompetisiehekel nie, ook nie vir geskenke of verkoop nie, moet dit dus nie met ‘n vergrootglas bekyk nie.

Ag, en net om doodseker te maak ek skaam my nie gou weer nie, bekyk die prentjie weer.

Kameel, ek hét my bietjie ooreis vandag met die hekelry. Vir baie lank is ek nou vir eers klaar met hangers oortrek.

Ek was soet, hoor!

Toortsie

38 thoughts on “‘n Blog spesiaal vir Kameel

  1. Ek is BAIE trots op jou!!! Die hangers lyk pragtig vlytige vrou… baie beter as daardie armsalige hangertjies van voorheen 😂😂😂 Slaap nou lekker. Môre pak jy sit-sit ‘n nuwe projek aan 😊

    Liked by 2 people

  2. Tien uit tien vir vleitigheid en stilsit! Dit wil gedoen wees. Ek kan onthou net na my operasie het ek dadelik kierst regop gesit en trui-brei. Verpleegpersoneel konnie glo nie. As mens n besige persoon is moet jy iets he om jou hande besig te hou anders houjy nie by jou stilsit ooreenkoms nie. Baie bly jy hou jou rustig.

    Liked by 1 person

  3. Ai Toortsie, laat jy my nou verlang na my MA. Daar was nie so ding soos ‘n hanger so Der’ n oortreksel nie. Mal daaroor en dink jy is awesome. Bly alles goed verloop en great jy gedra jou stil🌻🌻🤗

    Liked by 1 person

      1. En dieslfde vir spiere wat men’s gebruik vir Kar be stuur. Soos hulle dit norm jou ‘core muscles’. Maak nou sin, maar oor ‘n week of 2 raak dit moeilik om te onthou en dan glip daai’ ek Sal net gou die skuif dan weet ek is gedoen of reg’. Dis waar die drama begin. Laprascopic of oopmaak, surgery, die herstel tyd bly dieslfde, die feit dat snytjies klein is, meen niks, selfde opersasie binne. Minstens 4 tot 6 weke vir abdominal, langer vir ander , x🌻🌻

        Liked by 1 person

          1. 6 weke se lekker I haal met al die goed wat jy altyd afstel oor goed wat ‘nou’ gedoen moet word. Die 6 weke is better as breuk herstel en al daai drama, lekker lees, blog, brei, hekel. Jou tyd🌻😉

            Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!