Kleine koppie

Ek gee sommer die narkose die skuld. My koppie is klein. Klein, klein, klein.

Dit gaan al baie beter, maar in hierdie week het ek gesukkel om ‘n gesprek te volg die oomblik as dit ingewikkeld raak.

Ek brei ‘n halwe ry, dan slaap ek weer. Waag ek om my wel te stort, kom vat ek ‘n lange rus daarná. Nie dat ek uitgeput voel nie, die aandagspan is net so kort.

Redeneervermoë? Bykans nul.

Ek lees drie bladsye op die Kindle uit die wonderlike Chanette Paul wat ek afgelaai het, Lira, dan raak ek aan die slaap vir twee ure. Dan probeer ek blogs lees. Halfpad verdwaal ek.

Lekkervurige Vuurvliegie se Woordsnoere daag my uit, ek gaan keer op keer terug daarnatoe, want een keer se konsentrasie is te min. Ek begin selfs die woorde afskryf in ‘n boek, skryf selfs twee rymende sinnetjies, maar kry nie almal afgeskryf nie.

Ek bekommer my nie daaroor nie, wil maar net verduidelik hoekom ek dalk nie saamgesels op die blogs nie, die koppie is net te klein.

Verder is alles dooddollies en ek begin selfs al hier en daar ietsie skryf.

Groete

Toortsie

20 thoughts on “Kleine koppie

Gesels saam, asseblief!