Ek gee sommer die narkose die skuld. My koppie is klein. Klein, klein, klein.
Dit gaan al baie beter, maar in hierdie week het ek gesukkel om ‘n gesprek te volg die oomblik as dit ingewikkeld raak.
Ek brei ‘n halwe ry, dan slaap ek weer. Waag ek om my wel te stort, kom vat ek ‘n lange rus daarná. Nie dat ek uitgeput voel nie, die aandagspan is net so kort.
Redeneervermoë? Bykans nul.
Ek lees drie bladsye op die Kindle uit die wonderlike Chanette Paul wat ek afgelaai het, Lira, dan raak ek aan die slaap vir twee ure. Dan probeer ek blogs lees. Halfpad verdwaal ek.
Lekkervurige Vuurvliegie se Woordsnoere daag my uit, ek gaan keer op keer terug daarnatoe, want een keer se konsentrasie is te min. Ek begin selfs die woorde afskryf in ‘n boek, skryf selfs twee rymende sinnetjies, maar kry nie almal afgeskryf nie.
Ek bekommer my nie daaroor nie, wil maar net verduidelik hoekom ek dalk nie saamgesels op die blogs nie, die koppie is net te klein.
Verder is alles dooddollies en ek begin selfs al hier en daar ietsie skryf.
Groete
Toortsie
Vinnige beterskap, Toortsie!
LikeLiked by 1 person
Dankie. Virdering is mooi op skedule. 😊
LikeLiked by 1 person
Baie bly om dit te hoor!
LikeLike
Haal asem Madelé! Narkose het op baie mense n nare effek!
LikeLiked by 1 person
Dankie, Mona. Eintlik gaan dit baie goed. 😊
LikeLike
Alles sal stelsematig weer na sy normale toe oorgaan. Vat baie tyd. In die tussentyd haal jy al die jare se verlore slaap in en as jy weer reg is, is daar genog spaar ure wat jy weer kan gebruik. Bly alles loop honkie-dorie verder.
LikeLiked by 1 person
Dankie 😁
LikeLiked by 1 person
Het jy al die volgende boek gelees? The journey in between: a 1000-mile adventure on El Camino de Santiago Keith Foskett. Baie aan jou gedink toe ek dit gelees het. Lekker leesstof.
LikeLike
Ek gaan bietjie uitkyk vir hom. Dankie
LikeLiked by 1 person
Dankie! Ek sien hy is vir slegs $1.14 te koop by Amazon.
LikeLike
Dis n lekker-lees boek.
LikeLiked by 1 person
Jy sal gou weer op en aan die draf wees. Geniet solank die rus!
LikeLiked by 1 person
Sterkte … hoop jou koppie is gou beter
LikeLiked by 1 person
Dit raak so stuk-stuk beter dankie 😊
LikeLiked by 1 person
En toe gesels ek sommer land en sand met jou vanoggend. Het jy bygehou… of het ek jou heeltemal uitgeput? Sit maar neer die hekelnaald en slaap lekker.
LikeLiked by 1 person
Nee wat, my koppie raak al hoe beter. Ek het jou oproep so baie geniet. 😊
LikeLiked by 1 person
Spoedige beterskap
LikeLike
Baie dankie. Dit gaan regtig goed.
LikeLike
Ek is jammer om to hoor jy in die hospitaal was! Word gou gesond!
LikeLike
Dankie, ek is darem vinnig op die herstelpad. 🙂
LikeLike