Rebusfontein se hospitaal

Die Towerinne darem! Moet een van hulle hospitaal toe gaan, is die hele lotjie daar. 🙂 Laat ek mooi vertel hoe dit werk.

Een van die Towerinne moes ‘n delikate operasie ondergaan en soos een man daag die hele Towerspan by die teater op! Ewe gewas en geskrop, maskertjies oor die mond, groen jassies aan. Die dokter wou nog keer en sê, dis nie hoe dit gedoen word nie, maar nee, aan die Towerinne is geen keer nie. Álmal het by die teaterbed gaan staan, daar was amper nie plek vir die teaterpersoneel om hulle werk te doen nie. Ek moet noem dat nie almal goed is met bloed nie, dis net ‘n genade dat nie een omgeval het nie. Almal wil raad gee of hand bysit.

Agterná is die span natuurlik saam kamer toe, hulle moes die Towerin oppas en seker maak sy gedra haarself en dat sy mooi gesond word.

Ag, dit was nie lank nie toe begin die pret, hoe dan anders. Daar word gelyndans in die gange en net daar word ‘n hospitaaldans beplan. Perdebytjie maan die pasiënt om dit kalm te vat.

Tussen Una en Kameel word die nuus aangekondig: Hoe gaan dit met die pasiënt? Dag een was die nuus maar stil, net dat die operasie goed afgeloop het. Dag twee kom die verslag dat die pasiënt mooi vordering toon en dat die vriendinne almal baie bly is.

Maar dag drie is toe wat die moeilikheid kom. Die pasiënt is ontslaan, sy het haar blykbaar wangedra by die hospitaaldans. Almal is ontsteld, hoe op aarde het dít gebeur? Almal bespiegel daaroor. Blykbaar is dit nie die pasiënt wat haar wangedra het nie, dit was die veertien vriendinne.

Toe kom die waarheid uit Kameel se mond:

Dag 3: Pasiënt het hospitaal op horings geneem…en toe nursies weer kyk toe dans oompies om krukke, tannies sonder tande, manne en vroue aan drips gekoppel, saam met al wat ‘n dokter is gang af. Party dansers was nog net halfpad toegewerk soos hulle uit hul slaapkomas wakkergeword – en terwyl hulle binnegoed in plek hou – saamdans. Die polisie is gebel. Blyk toe hulle ken die sondebok uit haar dae by Toweropstal. Daar word vir frangelico getoets….en so waar as wraggies!!! Daar is toe besluit om skuldige pasiënt onmiddelik te ontslaan. Hierdie towervriendin van haar was geskok toe sy dit vanoggend in koerant lees. Terug by haar huis glo sy sal die pasiënt haar mooi rustig gedra. ❤

Waarheid of verbeelding? Wie sal weet wat die ware waarheid is?

Toortsie

27 thoughts on “Rebusfontein se hospitaal

  1. Dis nou spanwerk. Voor jy nog kon se mes, toe is die operasie verby en word jy weggejaag omdat dit te goed gaan met jou. Dis nou n sterk vrou, hierdie Toortsie van ons. Ek het wel omgekap toe die eerste druppel bloed verskyn. Gelukkig het die towerinne my sommer met n rolbed die gang af gejaag weg van die opersie teater af! Ek was net in die pad en hul wou niks mis nie.

    Liked by 3 people

  2. Perdebytjie!!!! Nou praat jy te veel. Hierdie stuk in ligting moes nie uitgekom het nie….ek het daai dr belowe sy manewales sal geheim bly….😂😂😂😂

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!