Die Towerinne darem! Moet een van hulle hospitaal toe gaan, is die hele lotjie daar. 🙂 Laat ek mooi vertel hoe dit werk.
Een van die Towerinne moes ‘n delikate operasie ondergaan en soos een man daag die hele Towerspan by die teater op! Ewe gewas en geskrop, maskertjies oor die mond, groen jassies aan. Die dokter wou nog keer en sê, dis nie hoe dit gedoen word nie, maar nee, aan die Towerinne is geen keer nie. Álmal het by die teaterbed gaan staan, daar was amper nie plek vir die teaterpersoneel om hulle werk te doen nie. Ek moet noem dat nie almal goed is met bloed nie, dis net ‘n genade dat nie een omgeval het nie. Almal wil raad gee of hand bysit.
Agterná is die span natuurlik saam kamer toe, hulle moes die Towerin oppas en seker maak sy gedra haarself en dat sy mooi gesond word.
Ag, dit was nie lank nie toe begin die pret, hoe dan anders. Daar word gelyndans in die gange en net daar word ‘n hospitaaldans beplan. Perdebytjie maan die pasiënt om dit kalm te vat.
Tussen Una en Kameel word die nuus aangekondig: Hoe gaan dit met die pasiënt? Dag een was die nuus maar stil, net dat die operasie goed afgeloop het. Dag twee kom die verslag dat die pasiënt mooi vordering toon en dat die vriendinne almal baie bly is.
Maar dag drie is toe wat die moeilikheid kom. Die pasiënt is ontslaan, sy het haar blykbaar wangedra by die hospitaaldans. Almal is ontsteld, hoe op aarde het dít gebeur? Almal bespiegel daaroor. Blykbaar is dit nie die pasiënt wat haar wangedra het nie, dit was die veertien vriendinne.
Toe kom die waarheid uit Kameel se mond:
Dag 3: Pasiënt het hospitaal op horings geneem…en toe nursies weer kyk toe dans oompies om krukke, tannies sonder tande, manne en vroue aan drips gekoppel, saam met al wat ‘n dokter is gang af. Party dansers was nog net halfpad toegewerk soos hulle uit hul slaapkomas wakkergeword – en terwyl hulle binnegoed in plek hou – saamdans. Die polisie is gebel. Blyk toe hulle ken die sondebok uit haar dae by Toweropstal. Daar word vir frangelico getoets….en so waar as wraggies!!! Daar is toe besluit om skuldige pasiënt onmiddelik te ontslaan. Hierdie towervriendin van haar was geskok toe sy dit vanoggend in koerant lees. Terug by haar huis glo sy sal die pasiënt haar mooi rustig gedra. ❤
Waarheid of verbeelding? Wie sal weet wat die ware waarheid is?
Toortsie
Ek het dit met my eie oge in die koerant gelees 😂😂😂 Daar is net party mense wat jy nêrens heen kan vat nie….nie eers hospitaal toe nie!!!
LikeLiked by 3 people
Jy kan hulle nie eers mooi aantrek nie.
LikeLiked by 2 people
Rebusfontein se koerant: Raaiselnuus. Kan jy glo!
LikeLiked by 2 people
Vreemder as vreemd.
LikeLike
Alweer in die nuus! Ek raak ook nou ‘famous!’
LikeLiked by 2 people
Ja jy was die eerste een om almal ingelig te hou. Ek sal dit regmaak.
LikeLike
Nee man, nee, asb!
LikeLiked by 1 person
Whooooopy lalala!!! Jy het vergeet van die rolstoelryers wat saam gedansry het…
LikeLiked by 1 person
Ja hulle ook! 😂
LikeLike
Wat is die verskil tussen werklikheid en verbeelding? Die hoeveelheid genot wat jy daaruit put. Selfs operasies word pret in Rebusfontein.
LikeLiked by 1 person
Álles is pret op Rebusfontein. 😁
LikeLiked by 1 person
Dis nou spanwerk. Voor jy nog kon se mes, toe is die operasie verby en word jy weggejaag omdat dit te goed gaan met jou. Dis nou n sterk vrou, hierdie Toortsie van ons. Ek het wel omgekap toe die eerste druppel bloed verskyn. Gelukkig het die towerinne my sommer met n rolbed die gang af gejaag weg van die opersie teater af! Ek was net in die pad en hul wou niks mis nie.
LikeLiked by 3 people
Ek is die een wat sommer al uitgepass daar gelê het. 😂
LikeLike
Oooo, so ek het gedroom dat ek op die bed rondry in die hospitaal. Dalkhet ons nog saam resies gery om te kyk wie eerste by die deur kan uit of ingaan. Baie bly jy is okay!
LikeLiked by 1 person
Die kans is goed dat daar ‘n bedresies sou wees. 😂
LikeLike
Ek sien julle al!
LikeLiked by 1 person
Ons het ons gate-uit geniet. 😂
LikeLike
😂 Klink na baie pret! 👍🏻
LikeLiked by 1 person
Jaja 😁 In die magiese Rebusfontein is álles moontlik. 😁
LikeLiked by 1 person
Jy het vergeet om te noem van die aantreklike dokter en narkotiseur in hul blou “scrubs”, wat die nursies in die gange gejaag het met skalpels en stetoskope.
LikeLiked by 1 person
Oeeee jaaaa! Hoe kon ek! 😂
LikeLiked by 1 person
Perdebytjie!!!! Nou praat jy te veel. Hierdie stuk in ligting moes nie uitgekom het nie….ek het daai dr belowe sy manewales sal geheim bly….😂😂😂😂
LikeLiked by 1 person
Maar hy moes mos gedink het voor hy gedoen het! 😂
LikeLike
Ai tog Toorts….met die Towerinne kan mens mos nie reguit dink nie..😉
LikeLiked by 1 person
Netso 🙂
LikeLike
Lyk my daar is nie einde aan die sterk vrou nie, hoop die wond trek nie te erg met al die gelaggery nie.
LikeLiked by 1 person
Dis by die vriendinne wat daar geen einde in sig is nie. 😁
LikeLike