Verbeel

Ben Okri het blykbaar gesê, volgens die aanhaling onderaan my dagboek: ‘When you can imagine you begin to create and when you begin to create you realise that you can create a world that you prefer to live in, rather than a world that you’re suffering in. ‘

Dís die wêreld wat ons klompie Towerinne in die magiese Rebusfontein skep.

Tog is dit iets om na te strewe ook in ons regte wêreld: ‘n Plek waar die liefde meer is en die probleme minder, of wat ons ookal in óns wêreld wil skep.

Soos Ben Okri sê, is ‘n goeie beginpunt dalk om te begin dink en verbeel hoe ons dit graag sou wou hê. Wat is daar wat ons beter wou maak, nie net vir onsself nie, maar wat beter is vir almal om ons. Tot voordeel van almal om ons.

En wanneer ons ons dit verbeel het, is die goeie verdere stap om te begin dink, wat kan ék verander om nader aan daardie doel te kom. Hoe kan ek anders optree? Moet ek meer geduld aan die dag lê, meer bid, harder werk, vroeër opstaan, meer liefde uitdeel?

Dan volg die groot stap deur dit te begin toepas, en struikelblokke te oorkom, en te begin glo in jouself, in die mense wat jou moet help, in jou Skepper.

En dan, net dan, is ons dalk ‘n treetjie nader aan dit waarvan ons gedroom het.

Toortsie

11 thoughts on “Verbeel

  1. Jip, jip!!! Net so! Maar dis ook n fantastiese uitlaatklep….om net so in mens se verbeeldingswêreld te verdwyn. Dit maak die lewe net baie meer draagliker

    Liked by 1 person

  2. Ek glo daaraan dat ek, ten minste in my onmiddellike omgewing, mense kan oorhaal om saam met my ‘n beter lewe te skep. Jy moet nou net nie laat afsit deur diegene wat nie wil saamwerk nie. Goeie aflewering Tootsie.

    Liked by 1 person

  3. Dis baie waar. Sodra jy meer kreatief begin dink kom jou natuurlike aanvoeling outomaties uit. Ongelukkig is meeste van ons verknog aan die minder kreatiewe. Dis dieselfde met die verbeelding. Dit gee verligting aan swaarmoedige gedagtes. En sie daar jou denkwyse verander sommer hand-om-keer.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!