Ek en manlief het gisteraand die fliek, Stroomop, gekyk. Wat ‘n inspirasie! Verlede jaar was ‘n paar van die Stroomopspan hier in ons dorp en ek was bevoorreg om ook die aand die funksie te kon bywoon. Toe reeds was ek geïnspireer.
Die vyf vroue beland saam op ‘n rubberbootjie as deel van ‘n terapie-avontuur. Elkeen van hulle worstel met hulle eie probleme en deur met mekaar te deel, is die veronderstelling dat hulle dit sal uitsorteer. Met die eerste stroomversnelling werk hulle nie saam nie, probeer hulle hulle geskille terselfdertyd uitsorteer, is die aandag nie waar dit moet wees nie en tref die probleme hulle vol in die gesig.
Hulle leer om saam te werk, mekaar te vertrou, op mekaar staat te maak. In moeilike situasies help hulle mekaar uit. Soveel so dat hulle die volgende stroomversnelling as span aanpak, elkeen met ‘n doel waarom sy heel aan die ander kant wil uitkom.
Hulle inspireer my om die stroomversnellings in my lewe te sien vir wat dit is: stroomversnellings. Dat ons gefokus deur dit moet gaan, dat ons moet saamstaan met hulle wat saam met ons is, in plaas van mekaar dan wil konfronteer. Dat ons mekaar moet vertrou en ondersteun en elkeen sy bes moet doen sodat ons heel aan die anderkant kan uitkom. En sou die krisis ons wel ongemaklik tref en dinge nie heeltemal uitwerk soos ons graag wil nie, ons steeds ons bes moet doen en as span mekaar ondersteun. Dat ons ons vertroue in Hom moet plaas omdat Hy regtig die beste weet.
Toortsie
Klink interessant.
LikeLike
Regtig oulike fliek om te kyk.
LikeLiked by 1 person
So inspirerend – dankie, Toortsie!
LikeLiked by 1 person
Ek wou dit ook nog kyk! Moet maar koop.
LikeLike
By ons is dit op Catchup. Weet nie of julle dit kry nie?
LikeLiked by 1 person
Tot die 4de. Dan is ons s’n af. Het gestop oor DSTV se inmeng met Afrikaans.
LikeLiked by 1 person
Dankie, ek en manlief het gisteraand gekyk. So geniet.
LikeLiked by 1 person
Ek is bly julle het dit geniet.
LikeLiked by 1 person
Baie goeie film met baie goeie akteurs..iets om weer en weer te kyk, veral as die donkerte so dreig.
LikeLiked by 1 person
Ooh ek is ook MAL oor hierdie fliek, laat mens nogal dink.
LikeLiked by 1 person
Dit is ‘n wonderlike fliek. Dit laat my altyd dink aan iets wat ek eenkeer gelees het “…. in a difficult situation, you may find that once you let go of the wheel, you will end up right where you belong ….”
LikeLiked by 1 person
Dis ‘n pragtige beskrywing.
LikeLike
Net vanaand kyk ek daarna!
LikeLiked by 1 person
Dis op Catchup.
LikeLike
👍
LikeLike
Fliek en popcorn is my voorland, dankie toortsie
LikeLiked by 1 person
😊
LikeLike
Ons kan net stream so ek weet nie of ons dit sal kan kyk nie.
LikeLiked by 1 person
Dis bietjie bo my vuurmaakplek.
LikeLiked by 1 person
Myne ook. Los dit vir skoonseun. Sal Marlé van die fliek vertel en sien wat gebeur.
LikeLiked by 1 person
Klink na ‘n goeie fliek.
LikeLiked by 1 person