Ek kry soms die indruk dat mense dink dat, omdat melk baie koolhidrate bevat, suiwel vir jou sleg is.
Ek wil sommer vir julle net ‘n eenvoudige ding van melk en room en vet vertel wat julle sekerlik sal weet, maar dalk ook nie. Ek het dit as kind elke aand met my eie oë gesien en dalk nie verstaan nie, maar die prentjie is steeds baie duidelik in my kop. Wat hulle vandag doen, is natuurlik baie meer gevorderd as hoe dit op ons plaas gedoen is in my kinderjare.
Die koei word gemelk, maar daardie melk bevat baie meer as net melk.
Wat gebeur, is dat die room van die melk geskei word. Die room is die vetgedeelte van die melk. Deesdae maak hulle vetvrye melk, 2%, laevetmelk, volroommelk. Selfs die volroommelk is nie naastenby die melk wat die koei gee nie, dit word deur wetgewing bepaal hoeveel van die room in die melk teenwoordig moet wees om te wees volgens al die verskillende kriteria.
Die res van die melk is room, wat gebruik word vir allerhande verskillende goed soos botter, room, suurroom, kaas, roomkaas, wat nog alles.
Wat ook baie interessant is, is dat daar baie keer ‘n oorskot van melk is in die wêreld, terwyl daar ‘n massiewe tekort aan room en botter en al die produkte is wat van room gemaak word. Dit is omdat die vraag na room al hoe hoër raak soos wat die mense nou weer bewus raak van die heilsaamheid daarvan.
Waar melk dalk ‘n bietjie hoog is in koolhidrate en ons versigtig moet wees om nie te veel melk te gebruik nie, is dit glad nie die geval met die res van suiwel nie. Onthou ook dat joghurt van melk gemaak word, daarom moet ons ook nie te veel joghurt eet nie. Jy mag dubbelroomjoghurt eet, maar oppas vir te veel.
Die res van die suiwelprodukte mag ons eet soveel ons harte begeer. Hap ‘n stukkie kaas sommer vir die lekker, gooi room by jou kos om die vetinhoud te verhoog. Gooi room in jou koffie.
Ek het nie allerhande soorte vette en olies in my kas nie. Ek gebruik die meeste van die tyd net gewone botter en slegs wanneer ‘n olie regtig nodig is, olyfolie. ‘n Mens kom baie ver met ‘n pak botter, want jy gebruik slegs ‘n bietjie op ‘n slag. Botter verbeter die smaak van enige kos.
En dan raak dit mos darem al hoe meer algemeen dat versadigde vette, veral dierevette, regtig baie gesond is, baie gesonder as onversadigde vette.

Groete
Toortsie
As dogtertjie het ek saam ons huiswerker die room afgeskep in n consol bottle en dan moes sy saam my onder di boom gaan sit en skud, my armpies het later gepyn maar ek het aangehou tot dit botter was.
LikeLiked by 1 person
Sjoe! Dit moes lank skud wees!
LikeLiked by 1 person
Ek onthou hoe ons daardie Consulbottels met ‘n karring bo-op vasgemaak, moes karring totdat die room botter is. Niks is so lekker soos botter en room nie!
LikeLiked by 1 person
Ek het so een! Ek sal ‘n foto bysit.
LikeLiked by 1 person
Nie geweet mens kry dit nog nie…eintlik ‘n baie effektiewe instrument!
LikeLiked by 1 person
Dit was my skoonma s’n. 😊 Sekerlik so oud soos die berge.
LikeLiked by 1 person
Jy vang my in elk geval in ń wip waar dit botter aanbetref. Die kleinkinders plak noual net soos ek hompe botter op vars brood of aartappels, dan eet ons sommer botter met brood op.
LikeLiked by 1 person
En dan wys julle tande in die botter! 😁🤪
LikeLiked by 1 person
Ek kan gin niks glo suiwel is sleg vir mens nie…ek eet vol botter en verkies plaasmelk….
LikeLiked by 1 person
Jy glo 100 persent reg. 😊
LikeLike
Nou het ek so lus vir egte, regte “plaasbotter” op ‘n stuk tuisgebakte plaasbrood – een met so ‘n lekker dik korsie. In Namakwaland in my grootwordjare, het baie mense nog ‘n buiteoond gehad waar die week se brode gebak is. Dis gebak in sulke groot bakpanne wat tuisgemaak was uit blikkantiene. Die brode het so bo-oor die kante gerys. Baie mense het gehou van vet op hulle brood. Ek kon nooit vat kry daaraan nie. Botter, ja. So saam met ‘n glas karringmelk was dit ‘n koningsmaaltyd.
LikeLiked by 1 person
En nou laat jy my terugverlang na ons kinderjare. My ma-hulle het ook nog plaasbrode gebak in daardie selfde broodplaatjies en dit toegedraai in ‘n doek as dit uit die oond kom.
LikeLiked by 1 person
Dis reg. Die brood moes eers rus, maar hy het nie lank gerus as ek daar verbygeloop het nie.
LikeLiked by 1 person
Beslis nie. 😊
LikeLiked by 1 person
Ek het ook met melk grootgeword. En nou is dit baie sleg vir my. Het onlangs laktose intoleransie ontwikkel. En binne twee ure nadat ek melk ingeneem het, kry ek onkeerbare gastro, wat nie weggaan nie. Vir my is melk nou baie ongesond. Ek probeer om myself nie jammer te kry.m nie
LikeLiked by 1 person
Ai
LikeLiked by 1 person
Mal oor botter, maar soos Christa lactose intolerant en gebruik geen suiwel nie. Ek mis my tee en my Rainbow melkie, maar men’s pas aan en leer ander dinge gebruik. 😶
LikeLiked by 1 person
Is dit alle suiwel of net melk?
LikeLike
Dis alle suiwel, Casein en die Lactase. Maar mens leer eventually, lol, mis dit nog soms🌻
LikeLiked by 1 person