Hierdie oulike boekie wil ek regtig graag aanbeveel: Gebede vir ‘n vrou se hart, deur Elizabeth George.
Ek lees dat sy ‘n topverkoperskrywer is wat al meer as 12 miljoen eksemplare van haar boeke verkoop het. 12 000 000!😱
Wel, nadat ek begin lees het in die boek, kan ek verstaan dat sy so goed doen met haar boeke.
Hierdie boekie bevat 100 deernisvolle gebede vir verskillende omstandighede in ons alledaagse lewe. Elke onderwerp begin met ‘n pragtige gebed, wat deur ‘n bespreking en Bybelvers gevolg word.
Terwyl ek dit lees, raak sy regtig my hart aan, ek kan assosieer met wat sy sê. Sy is ‘n vrou wat ‘n vrou se hart verstaan, maar self ook die lewe, en, natuurlik, haar God ken.
Hierdie is ‘n oulike boekie om vir jouself aan te skaf of as ‘n geskenk te gee. Dis by CUM te kry en is oorspronklik in Engels uitgegee onder die naam, Prayers for a woman’s heart.
Toortsie
Ek het hierdie boek van haar in Engels en ook al haar fiksie boeke. Haar fiksie gaan oor twee Engelse polisielede, Inspector Lynley en Detective Sergeant Barbara Havers en hoe hulle misdade oplos. Daar is nou al 20 boeke in die reeks. Elke storie kan op sy eie gelees word, maar die twee hoofkarakters se verhale loop van die begin af en ontwikkel in interessante rigtings. Sy is een van my aller gunsteling skrywers.
LikeLiked by 1 person
Dankie Son, dis nou baie interessant. Dit klink na ‘n reeks waarvan ek ook sal hou.
LikeLike