Die boekie, Seëninge vir ons baba, deur Catherine de Vries, is vir mammas van klein babatjies.
Dis ‘n hardeblad boek, soos wat kinderboeke gedruk word. Elke dubbelbladsy bevat ‘n ander seën en dan is daar Bybelverse wat handel oor die betrokke seën en ‘n gesprekkie van die ma met die baba.
Verskillende seëninge wat hanteer word, is byvoorbeeld die seën van God se beloftes; die seën van liefde; van rus in die Here as die mamma moeg is; van herkenning; gesondheid, ens.
Op die agterblad skryf hulle dat die boekie God se bemoediging bied vir jou en jou baba en dat jy God se teenwoordigheid en Sy liefde vir jou en jou kleinding sal ervaar in die eerste maande van ma-wees.
Ek dink dat dit ‘n oulike geskenkie vir ‘n nuwe mamma kan wees. Die boek is te koop by CUM Boeke.
Toortsie
Dit sal beslis ‘n oulike geskenk maak.
LikeLike