Baie jare gelede het ons dominee verduidelik van die bolletjie wol van ons lewe. Dat ons slegte gewoontes, sondes, bakleie, noem maar op oor tyd oprol en die bolletjie wol raak met tyd net groter.
Nou kom daar ‘n draaipunt in ons lewe. Ons besluit om te stop met ‘n sekere slegte gewoonte, of ons wil ‘n verhoudibg regmaak. Vir ‘n rukkie gaan dit goed, maar keer op keer struikel ons. Ons kry dit net nie reg om dit sommer net perfek te hê van die begin af nie. En amper gee ons tou op, verloor ons moed.
Maar die bolletjie wol moet ons nie vergeet nie. Net soos ons dit oor jare opgerol het, is die bolletjie wol nie nou sommer weg nie. Dis steeds daar, en net soos hy oor tyd groter geraak het, moet ons nou doelbewus dit begin afrol, stukkie vir stukkie, totdat ons weer eendag die hele bolletjie afgerol het.
Ek sien dit ook in TPM as ‘n persoon gereeld kom. Stukkie vir stukkie word die bolletjie afgerol. Of, as ek aan Kameel se ui dink, lagie vir lagie word die ui geskil, dieper en dieper, tot eendag, wanneer ons voel dat ons die lewe in die oë kan kyk. 😊
Toortsie
So groot waarheid
LikeLiked by 1 person
Almal het sulke bolletjies Toorts, ons moet net die moed hê om aan te hou. En n veilige plek waar ons kan sê ek is jie oky nie…
LikeLiked by 1 person
En dan koek daardie wol ook nog met tye.
LikeLike
En word ‘n hele kraaines. Ai toggie.
LikeLiked by 1 person
Nie ‘n maklike pad daardie afrol of deursny nie.
LikeLiked by 1 person
En soms wil jy afrol, maar die ander betrokkenes nie. Dan rol jy maar solank jy kan en karring aan die knoop om dit los te kry.
LikeLiked by 1 person
Het dit nou baie geniet om te lees. Doen die wil ding net as ek baie lus is om ‘n nuwe trui te dra.
LikeLiked by 1 person
Spesiale boodskappe, ek geniet jou skryfwerk
LikeLiked by 1 person
Baie dankie ek geniet joune net so baie. 😁
LikeLiked by 1 person