‘n Bolletjie wol

Baie jare gelede het ons dominee verduidelik van die bolletjie wol van ons lewe. Dat ons slegte gewoontes, sondes, bakleie, noem maar op oor tyd oprol en die bolletjie wol raak met tyd net groter.

Nou kom daar ‘n draaipunt in ons lewe. Ons besluit om te stop met ‘n sekere slegte gewoonte, of ons wil ‘n verhoudibg regmaak. Vir ‘n rukkie gaan dit goed, maar keer op keer struikel ons. Ons kry dit net nie reg om dit sommer net perfek te hê van die begin af nie. En amper gee ons tou op, verloor ons moed.

Maar die bolletjie wol moet ons nie vergeet nie. Net soos ons dit oor jare opgerol het, is die bolletjie wol nie nou sommer weg nie. Dis steeds daar, en net soos hy oor tyd groter geraak het, moet ons nou doelbewus dit begin afrol, stukkie vir stukkie, totdat ons weer eendag die hele bolletjie afgerol het.

Ek sien dit ook in TPM as ‘n persoon gereeld kom. Stukkie vir stukkie word die bolletjie afgerol. Of, as ek aan Kameel se ui dink, lagie vir lagie word die ui geskil, dieper en dieper, tot eendag, wanneer ons voel dat ons die lewe in die oë kan kyk. 😊

Toortsie

9 thoughts on “‘n Bolletjie wol

Gesels saam, asseblief!