Piet Blootvoet se Bantingstorie

Piet Blootvoet het sy Bantingstorie vir my gestuur en ek plaas dit graag:

My verskeie vegan-vriende kla oor menige kwale. Baie is ook lyers aan allerhande toestande wat gemeenskaplik gevoelentes van swakheid insluit. Allerhande inspuitings moet toegedien word om hulle gesondheid in toom te hou.  Nie almal nie maar tog die meeste is oorbegeesterd en raak militant oor hulle geloof wat lankal nie meer blote leefstyl is nie. Nee, dit raak soms charismaties vyandig en mens moet maar koes in die loopgrawe. 

Interessant wat ek ervaar het sedert 2015. Op 7 Julie daardie jaar gee my internis my so ‘n klein wit pilletjie vir diabetes. Sommer gou is dit koorsstuipe, koue koors, pyn wat my heel agteroor laat styftrek. Kan vir vyf weke nie eet of iets anders as water drink nie. Ek verloor 22kg want alles, maar alles, smaak na groen skottelgoedopwasmiddel op harde goïïngsak. Jig!! 

Na vyf weke kan ek weer begin eet, enkele happies op ‘n keer en dan net klein hoeveelhede rooivleis sonder sigbare vet, partytjietamaties en dan ook appels. Die appels is sleg vir my bloedglukose wat te laag daal. ‘n Plukkis appels is nog nie genoeg om dit reg te hou nie. Low GI se mal Ant Tillie. Hier en daar help ‘n krom piesang. Hulle voer mos die reguites uit….. 

Ek het energie en lewenslus soos ‘n twintigjarige fikse soldaat. Klim Metrorail se trappe drie-drie of vier-vier. Na die internis gesê het ek mag nooit weer trappe klim nie. 

Ek verloor nie meer gewig nie maar my klere sit al losser. Gou sien ek dat my losgestopte lyf beter definisie kry. En my stuk of vier- en vyftig jaar is verlede tyd. Selfs die stuk of vyf hartaanvalle en ses of so beroertes sedert 32 verdof in die skaduwees. 

Mens is weer méns! 

Terselfdertyd will alles en almal vir Tim Noakes kielhaal en oorhandig aan Ivan the Impaler. En my seun se kortstondige meisie kom evangeliseer ons met Banting. Nog nooit het ek voluit gebant nie maar my liggaam het van nature iets soortgelyks verkies. 
En dit het vir my gewerk. 

Toe moes ek my goeie gewoontes stelselmatig verruil vir koolhidrate (kwaadhidrate) en goedkoper kosse, want die Overbergse skapies word mos op die effektebeurs geprys sodra dit van die plaas af weg is. Teen die tyd dat dit onder Tafelberg aankom, lyk dit na high yield trading.  Die koolhidrate veroorsaak legio nadelige effekte op my suikersieke lyf. Ver van sestig maar ek voel nader aan 95! 

Die gesondheidsproffessor op RSG en die sjefs op SABC3 se Expresso vertel dat diabete lensies moet eet. My lensies maak my bewerig en dan moet ek baaaaie vinnig ‘n stukkie witbrood aka gif inkry. So kontak ‘n Vegan-vriendin my en vra uit oor lensies. Sy kry nagsweet, skrik wakker snags met ‘n gil. Haar sussie word somtyds flou. Hulle eet lensies. 

Interessant dat swart om die oë en floutes by ander Vegan-vriende voorkom. Die een outjie begin toe vleis eet en was baie gou gesond. 
So leer die Wetenskap ons dat die mens se brein eers begin ontwikkel het nadat die mens vleis begin eet het. Voor dit was die mens maar dom en dierlik.

Soms dink ek die sterk dryf na vegetariese of vegan leefstyle is nogeens ‘n foefie vir radikale gelowe en onwetenskaplik. 
Gaan ons uiteindelik ons menswees omkeer? Tog waarsku die Bybel oor die eet van te veel vleis. 

Baie dankie, Piet, vir jou storie.

Groete

Toortsie

12 thoughts on “Piet Blootvoet se Bantingstorie

  1. Die verskillende teorië oor diabetes slaan my dronk. Ek het diabetevriende wat niks wil weet van lae koolhidrate nie. Hulle is mal oor pastas, rys en aartappels. Hulle verweer is dat almal verskil. Maar n ou koolhidraatjie of 2 laay my suikervlakke hemelhoog spring!

    Liked by 2 people

  2. Dit is baie goed geskryf en hoe waar praat hy. Luster na jou lyf en jy doen klaar die regte ding vir jou. Waar ek nou werk is dit ongelooflik om te sien hoe ons ons self straf want die een praat dit en ‘n ander so. Mense is soon deurmekaar, weet nie wie hulle moet volg nie. Party kyk mense so kwaai aan en jy kan sommer sien hulle skrop nes vir’ n lekker fight, ek smile net en vra”wat laat jou die beste voel”. Tjoef, heeltemal stom is hulle. Dan sien jy so frons op voorkop soos hulle begin dink. Ek smile “dit is wat jy doen, vergeet van FB en Instagram en Twitter en twak, wat jou lyf die beste laat voel-doen Meer van dit”. En dan begin ons gesels. Ek is bly Piet het na sy lyf geluister, wat ‘n great inspirasie. En so is jy ook Toortsie, dis’ n great store om te lees die🌻

    Like

      1. Wanneer ek luister na lyf luister en my vul van groente en vrugte inkry- sommer baie groen goete, dan is ons groot maats. Maar as ek dink ek is slim en goed insneak wat nie met my werk nie (al daai lekker witmeel goete en wit kosse)…🥊 hy vir my stukkend. En moet sê, ek en my galblaas nou groot vriende- sy praat hard en duidelik as ek van die paddjie af draal👮‍♀️👷‍♀️

        Liked by 1 person

          1. Ek hoor jou. Ek is mal oor stysel goed, vleis ook, maar kan jou sê the feeling in not mutual😬. En ek raak mal met cravings as ek stysel eet, dan wil ek sommer alles wat stil lê eet en as dit nie stil lê nie, dan tackle ek dit tot dit rustig raak en eet. Vet praat ek nie eers oor nie,lol. Wat wel sommer net so gebeur het by die werk is dat ek so half in fasting in gedwing is, kon regtig nie tyd kry om te eet vir so tussen 16 tot 18 ure nie. Om eerlik te weet my kop was meer honger en nou doen ek dit meer dae lank en voel eintlik baie beter. Dis daai by die huis kom en my kop besef oooo hel, jy het lanklaas ge-eet, let the games begin… gelukkig meen dit ek drink meer water, so dit help baie (maar ek droom steeds oor ‘n sweetie-pie)😉

            Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s