As daar nou een ding is waaroor ek in my verhouding met die Here dankbaar en opgewonde is, is dit my bidboek. Ek het ‘n A4 boek en daarin skryf ek my gebed en alles wat ek vir die Here wil sê. Dit maak my rustig, dit laat my fokus en terselfdertyd dra dit by tot ‘n dieper verhouding met God. As ek ‘n ruk nie daarin geskryf het nie, kom ek dit agter in die onrustigheid in my hart.
CUM Boeke het ‘n baie oulike gebedsjoernaal.
Elke dag strek oor twee bladsye. Dit is baie oulik ingedeel en sal enige persoon help wat graag ‘n bietjie meer gefokus wil bid. As ek na die mooi blommevoorblad kyk, wil ek dink dat dit meer gefokus is op vroue.
Voorin is ‘n paar wenke ten opsigte van gebed en agterin ‘n lys van teksverse vir spesifieke behoeftes.
Hierdie boek is regtig een om na te kyk vir jouself, of as ‘n oulike geskenk vir ‘n vriendin.
Groete
Toortsie
Ek hou hiervan. Dit is so gebruikersvriendelik en sal mens help die dae wanneer jy sukkel om te bid. Dankie dat jy deel. xxx
LikeLiked by 1 person
Wonder of dit in Engels beskikbaar is.
LikeLike
Ek weet ongelukkig nie.
LikeLiked by 1 person