Bevryding van angs en bekommernis

Die lewe is onseker. Ons weet nie wat ons toekoms inhou nie. Verhoudings is onseker. Dit gaan swaar met ons geldsake. Die reën bly weg. Ons kry skielik slegte nuus van die dokter af.

Of ons nou daarvan hou, of nie, die lewe is nie aldag maklik nie. Uitdagings wag om elke hoek en draai. Ons weet nie altyd watter kant toe nie. Ons raak bang. Angstig. Ons begin twyfel in onsself, oor onsself, oor ons omstandinghede, oor God.

Bevryding van Angs en Bekommernis is ‘n oulike boek om aan te skaf. Bruce Wilkinson, ‘n baie dinamiese geestelike skrywer van Amerika, hanteer in hierdie boek situasies soos gesondheidsprobleme, finansiële probleme, geestes- en emosionele gesondheid, werksekerheid, persoonlike veiligheid, en vele meer.

By elke onderwerp gesels hy eers in die algemeen daaroor. Hy probeer om vir jou ‘n bietjie perspektief te gee. Kopkennis. Dan volg ‘n paar teksgedeeltes, met ‘n gebed waar jy vir God nader en jou probleem aan Hom stel. Hartskennis.

Agter in die boek is ‘n lys van Skrifgedeeltes wat jou sal help om jou bekommernis te oorwin.

Dit is regtig ‘n oulike boek om te lees.

Terselfdertyd wil ek jou aanmoedig om, as jy regtig ernstig deur angs geteister word, erns daarvan te maak. Gaan sien iemand wat jou daarmee kan help. Vir baie mense is so iets ‘n skrikwekkende gedagte, maar jy voel soveel beter as jy van daardie bekommernisse kan afgooi. Nee, die probleem gaan nie noodwendig weg nie, maar die manier waarop jy daarna kyk en die invloed wat dit op jou gees het, kan wel verander. Het jy dalk ‘n TPM-fasiliteerder (Transformation Prayer Ministry) in jou omgewing? Waag dit en gaan besoek daardie persoon. Jy sal aangenaam verras wees.

Intussen, lekker lees aan Bevryding van Angs en Bekommernis deur Bruce Wilkinson.

Toortsie

Loer gerus by Pinterest en ook HIER vir my boekbesprekings.

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s