Opstel: My land, Suid-Afrika

Met soveel negatiewe dinge wat in ons land gebeur en mense wat onseker voel, kan ‘n mens dalk geneig voel om negatief te wil skryf oor ons land. Ons land het egter soveel positiewe dinge waaroor ons kan skryf en ek daag jou uit om op die positiewe kant te konsentreer.

Om mee te begin, kry vir jou ‘n stuk papier en ‘n pen en maak nommers van 1 tot 10. Skryf by elke nommer iets waarvan jy hou in ons land. Gebruik dit as basis vir jou opstel. Brei nou uit oor elkeen en skryf jou opstel. Jy mag maar opgewonde wees! Die heel belangrikste van alles: Skryf jou eie opstel. Jy. Self. Jy as tiener wie die opdrag gekry het. Mamma, as jy enigsins voel om dit te doen, MOENIE, jy het reeds jou kans gehad toe jy op skool was. Jy help regtig nie jou kind as jy dit vir hom skryf nie.

Om jou te help gee ek ‘n paar voorstelle. Moet dit egter nie net so gebruik nie, maar brei daarop uit.

Ons mense. Ons verskeidenheid mense met ons hartlikheid.

Braaivleis, rugby, sonskyn. Ons Suid-Afrikaners is lief vir ‘n braai.

Ons sport. Ons doen goed in ‘n verskeidenheid sportsoorte.

Ons kulture. Ons land is ryk aan ‘n verskeidenheid kulture en ons kan soveel by mekaar leer.

Ons humor. Ons Suid-Afrikaners het die vermoë om in die ergste van omstandighede, humor daarin te sien.

Ons verskille, wat maak dat ons leer om met ‘n verskeidenheid mense klaar te kom.

SA het die infrastruktuur om groot geleenthede met trots aan te bied, soos die Sokker Wêreldbeker, die Kore Olimpiese Spele in 2018.

Ons diere. Die groot 5 en die walvis, wat maak dat ons die groot 6 huisves. Ons Nasionale Parke, soos die Kruger Wildtuin, die Addo Olifantpark.

Ons wyne wat wêreldbekend is, ons lieflike skaap- en beesvleis, vrugte.

Ons lang kuslyn met pragtige strande.

Ons verskeidenheid in die natuur, van die mooiste reënwoude by Knysna en in Natal, tot die dorre, droë Karoo, elkeen met sy eie skoonheid.

Hier is só baie wonderlike dinge in Suid-Afrika en ek het nog nie eers die helfte genoem nie. Ek daag jou uit, skryf met oorgawe en lus van die dinge in SA waarvan jy hou, die dinge wat jou opgewonde maak.

En blogmaats, het julle lus om oor hierdie onderwerp te skryf? Hoekom nie? Onthou net om hierdie bloginskrywing te ‘tag’.

Vir nog opstelonderwerpe, kyk HIER.

Toortsie

9 thoughts on “Opstel: My land, Suid-Afrika

  1. Toortsie, ons woon in die buiteland en kyk met nuwe oë na dit wat spesiaal en kosbaar van Suid Afrika is. Een van daardie dinge is die mense van Suid Afrika. Ek het toevallig my laaste blogpost my ervaring van Suid Afrikaners se deernis en omgee geskryf en het sommer hierdie bloginskrywing in my post getag omdat ek dink dit inpas.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!