‘n Nuwe avontuur!

Ek is só opgewonde! Daar wag weer ‘n nuwe avontuur vir die Towerinne, alles te danke aan aan Lekkervurige Vuurvliegie, wie se blitswakker brein dit reggekry het om ons weer aan die gang te kry en te begin droom en speel en skryf.

Rebusfontein, #MiddelMzanzi, is die fiktiewe dorpie waar alles gaan gebeur. In Towerinstraat is daar vir elke Towerin ‘n huisie toebedeel en die afgelope week kon elke Towerin haar huisie betrek en kom vertel hoe haar besonderse huisie lyk.

Hier kan julle lees hoe elke Towerin haar eie plekkie inrig en hoe die lewe begin gebeur op Rebusfontein, met nie net die Towerinne nie, maar die hele groep mense wat die Towerinne volg waar hulle ook al gaan. Daar is ‘n groep vriende van Vlaandere, ‘n konfooi motorfietsryers, ‘n paar mansblogvriende, die jaloerse Broodina wat altyd iewers ‘n spyker in die wiel wil steek.

Met tyd raak die groep al groter, met soveel mense wat graag deel wil wees van die ervaringe van die Towerinne.

Wil jy ook graag ‘n huisie betrek in Rebusfontein? Natuurlik mag jy! As jy vroulik is en deel wil word van die welbekende groep Towerinne, klop aan by Lekkervurige Vuurvliegie dat sy vir jou ‘n huisie kan toeken. Jy kan daar sommer die reëls ook lees van hierdie bloguitdaging. Manlik? Ek weet nie eintlik hoe jy moet maak nie, vra maar daar by die Vuurvliegie. 😁

Wat ek jou beslis kan belowe, is dat dit groot pret gaan wees, hoor jy?

Volg ons hier: https://fresh.inlinkz.com/party/c79e46273dd84a68bceb38fb23d1f7c5

Groete

Toortsie

5 thoughts on “‘n Nuwe avontuur!

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s