Opstel: ‘n Wêreld sonder tegnologie

Ek vra die vrae en jy beantwoord dit, skryf die antwoorde neer en gebruik dit as basis vir jou opstel.

Dink jy ‘n lewe sonder tegnologie is vandag moontlik? Ja/Nee. Hoekom/Hoekom nie?

Beskryf hoe tegnologie elke faset van ons lewens oorgeneem: Rekenaars, bankwese, internet, sekuriteit, koop en verkoop, selfone, stoof, yskas, alles werk met tegnologie.

Dink jy daar is nog plekke in die wêreld wat heeltemal sonder tegnologie klaarkom? Dalk diep in Afrika? Hoe kom daardie mense reg? Hoe oorleef hulle?

Hoe sal jy vir jou ‘n wêreld sonder tegnologie voorstel? Hoe sal jy oorleef? Is dit moontlik in vandag se tye? Wat sal jy doen om, sonder tegnologie, die lewe vir jou te probeer leefbaar maak?

Gestel die tegnologiebom bars en dit val heeltemal in duie, wat dink jy, sal dan gebeur? Is dit moontlik dat dit in duie kan stort?

Met internetskelms wat net al hoe gevaarliker en aggressief raak, hoe kan ons onsself beveilig daarteen, of, hoe kan ons minder afhanklik van tegnologie raak?

Loer ‘n bietjie hoe Wolfie hierdie onderwerp hanteer het.

Lekker skryf!

Toortsie

Vir meer opstelonderwerpe, kliek HIER.

15 thoughts on “Opstel: ‘n Wêreld sonder tegnologie

        1. Ja. Dit was so 2 weke voor die tyd wat ek besluit het om te los. Toe het ek al die musiek redelik geken. Die liedjies draai in my kop. Vandag is dit I love Rock ‘n Roll …

          Like

          1. Oehh, ek verstaan presies! Die liede volg my oral… En ek verstaan die los ook! Moes in Desember los omdat my kleinseun later as wat ons verwag het, sy opwagting gemaak het

            Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!