Kyk, as ek nou in my vroeëre lewe ‘n lekker nagmerrie wou hê, moes ek in die aand ‘n lekker biefstuk en skyfies eet.
Die ding is, ons eet mos nie meer, soos in die ou dae, sesuur saans en gee jou liggaam kans om daardie massiewe stuk vleis te bespring en verwerk nie. Jy is gewoonlik só versadig daarná dat jy sommer net wil gaan lê en slaap endan,iewers in die nag kom lê al die spoke by jou besoek af. My pa het altyd gesê dis te swaar op jou maag in die aand.
Sedert ek vier en ‘n driekwart jaar gelede begin het met Banting, kan ek sommer die hele bees opeet in die aand, stert en al, as ek sou wou, met geen nagevolge nie. Ek glo met my hele hart dis die tjips wat ‘n mens nagmerries gee, die ou, galsterige olie waarin hulle dit braai, sien. Geen nagmerries meer vir my oor ‘n ou stukkie beesvleis nie.
Gisteraand, na ‘n lang dag, boek ons in by ‘n hotel. Ons stap na die lieflike restaurant langsaan en bestel lieflike rump steak. Jammer, ek weet nie wat dit in Afrikaans is nie. Ewe met avokado en spek en ‘n slaai daarby. Te mooi en lekker en ek weet hoe om ‘n ou stukkie beesvleis op te eet.
Mensig! Laat die spoke nou sowaar vannag kom moeilikheid maak! Ek gil daardie hele hotel wakker, ek dink hulle het my gehoor tot by Tafelberg! My man vat aan my om my te kalmeer, net om my nóg harder te laat gil. Uit my hart, uit uit my maag uit.
Wat ek eintlik vir julle wil sê, alles is reg, hoor. Niemand is vermoor nie. Julle kan nou rustig raak.
Mooi dag
Toortsie
En dit nou als ń ou besie se skuld!🤗
LikeLiked by 1 person
Kan jy glo! 😂🍾
LikeLike
Is dit nie kruisskyf nie?? 🤣 Vark laataand, laat ek nagmerries kry.
LikeLiked by 1 person
Dit kan kruisskyf wees. Ha, ‘n stukkie vark het so ‘n rukkie terug ook bietjie gesels.
LikeLike
😂😂🤣
LikeLiked by 1 person
Het die ander hotelgaste jou snaaks aangekyk die volgende oggend? Haha. Ons eet ons hoofmaaltyd in die middag. Soggens net ‘n ligte ontbyt, saans voor vyfuur reeds ‘n ligte aandete – meesal slaai en ‘n stukkie hoender of vis. Ek is nie juis ‘n rooivleiseter nie – die res van die gesin raak soms aan die baklei met steak, maar ek hou verby. ‘n Varktjoppie, ja, dis mos lekker kos.
LikeLike
Ons is vroeg daar weg. Ek het wel by ontvangs gaan bieg. 😂
LikeLiked by 1 person
Ek sou net stilgebly het. En vroeg vertrek het, ja. 🤣
LikeLiked by 1 person
Ons moes in elk geval vroeg vertrek. 😁
LikeLiked by 1 person
Rooivleis is weer my stapelvoedsel. 😊🧀🥩🍳🥒🥬🥕🥦🥑
LikeLiked by 1 person
Ek sien darem ‘n paar groente emojis ook!
LikeLiked by 1 person
Bykossies
LikeLiked by 1 person
Ek het nou jou halwe avo (emoji) so beskou en besluit ek moet ‘n draai gaan maak by die winkel. Ons het voorheen ‘n boom in die erf gehad, maar nou moet ek gaan koop. Sug. En nou lê my hele driveway vol dakgras – die manne sit daar bo op die dak en gaan nie nou afkom om my kar te bevry nie.
LikeLike
Ek koop sommer ‘n hele paar avo’s op ‘n slag aan, groenes, en laat hulle by die huis ryp word. Ryp avo’s in die winkel is gekneus en ryp gedruk.
LikeLiked by 1 person
Ons koop hulle ook so.
LikeLiked by 1 person
Ai wat sal ek nou nie gee vir so sappige stukkie steak nie. Ons is bly jy is oraait Toortsie, jy moet ons nog lank hou
LikeLiked by 1 person
Natuuuurlik! 😁❤️
LikeLike
Daai gillery in die nag het my arme man al moedeloos gehad in die verlede, veral as ons iewers kuier. Snaaks genoeg het dit jare laas gebeur, laat my nou wonder, wat het verander? Dalk ek self, mmm?
LikeLiked by 1 person
Daardie ding wat jou destyds gepla het, is uitgesorteer.
LikeLiked by 1 person