Party dae is mos rustiger as ander. Party dae is rowwer as ander. Party weke woester ander. Party dae gaan makliker as ander. Soms bid ek net gewoonweg vir God se beskerming, ons het dit mos maar altyd nodig. Soms bid ek vir ekstra hulp. Soms bid ek, ‘Here, gryp in’, asseblief.
En dan, uit die bloute, stuur Hy in ‘n reënboog, sommer net om te sê, ‘Wees rustig, Ek is hier teenwoordig. ‘
En nie sommer net ‘n enkel reënboog nie, ‘n dubbele een wat ons plaas oorspan.
Mooi, né? 😊❤️
Kyk die boodskap in hierdie ou se ruit.
Die tweede boodskap vandag.
Ook mooi, né?
Toortsie
Pragtig!
LikeLike
Dit is pragtig geskryf en so waar. Ek het ‘n vriendin wat altyd sê: “Soek ‘n wonderwerk in elke dag.”
LikeLiked by 1 person
Lieflike reënboog, Toortsie. Ons het ook so ‘n dubbele een gehad na die vloede hier by ons, maar heeltemal die fotogeleentheid misgeloop.
LikeLiked by 1 person
Gelukkig stop my man net op daardie oomblik om iets op te tel of so iets, toe kon ek gou die foto neem.
LikeLiked by 1 person
Mooi geskryf ook!
LikeLike
Dankie. God se reënboog gister was nie om dowe neute nie. Hy was goed. Is goed. Is altyd goed.
LikeLike
Baiw waar!
LikeLiked by 1 person