Die omgeespan

Ek was hierdie naweek weer eens bevoorreg om deel te kan wees van die omgeespan by #Imagine.

Dit het my die geleentheid gebied om die sessies by te woon. Hulle werk nie net met die 1800 tieners se koppe nie, hulle werk ook sommer met my as ou tannie s’n. Timoteus, die jong seun in die Nuwe Testament, is as tema gebruik, met die boodskap dat ons almal ons eie unieke storie het en dat God betrokke is by ons storie.

Ons het pragtige jongmense in ons land, hulle maak my opgewonde. Hulle lewe vir die Here en is nie bang of skaam om hulle Christenskap uit te leef nie. Hulle is bereid om mekaar te ondersteun en doen dit sonder skroom.

Aan die swaarkrykant, waar ek gewerk het, het ek ervaar:

  • Hier is baie tieners wat seer het.
  • Ek is dankbaar dat soveel van hulle die moed het om hulle seer aan te spreek.
  • Ons besige lewe as volwassenes, eis sy tol.
  • Kinders word op ‘n jong ouderdom aan ontstellende goed blootgestel waarvoor hulle geestelik nog nie ryp genoeg is nie.
  • Kinders verlang na hulle ouers se teenwoordigheid, geselskap, kameraadskap.
  • Dit is vir kinders sleg as die verhouding met ‘n ouer nie goed is nie, hulle wil soms ook hulleself daarvoor blameer. Hulle wil ook graag raad hê hoe om stukkende verhoudings met hulle ouers reg te stel.
  • Soos ons as volwassenes, het ons kinders sommer net ‘n liefdevolle oor nodig wat luister sonder om te kritiseer, sommer net ‘n afpakplek waar hulle ook vryelik kan huil.
  • Met die egskeidingsyfer wat so hoog is, met almal wat rondom hulle skei, raak kinders angstig wanneer hulle ouers stry. Hulle vrees dit dat hulle ouers sal skei.
  • Kinders smag na erkenning, maar ook die gerusstelling en versekering dat hulle ouers mekaar liefhet.

Dis vir my verblydend dat die kinders uit hulle eie kom vir hulp en ek is dankbaar dat #Imagine so ‘n diens aanbied. Vir baie is dit die eerste tree op ‘n heelwordpad.

Intussen, vir almal, die vrolikes, die hartseer ouens, die met min sorge en die met baie, bied #Imagine iets en as ouer sou ek my tienerkind met gerusstelling soontoe stuur. Dis regtig ‘n beweging wat ‘n goeie uitkoms ten doel het, wat ons kinders positief verander.Ons kinders is ons toekoms. Kom ons belê daarin.

Tieners lê my baie ná aan die hart. Ek is regtig lief vir hulle.

Toortsie

19 thoughts on “Die omgeespan

    1. Ek was as kind lief om na sulke kampe te gaan. Dit het my beslis op ‘n abder baan geplaas alreeds op ‘n jong ouderdom. Dieselfde verandering het ek ook in my eie kinders gesien. Ek is sooo bly vir elke kind wat hier was. Die meerderheid van hulle gaan as ‘ander kinders’, ‘nuwe kinders’ terug huis toe.

      Liked by 1 person

        1. Ek dink vir sommiges is die omstandighede terug by huis moeilik. Daar was meisies wat jaar na jaar tot bekering gekom het, net om hulle by die huis in moeilike omstandighede vas te loop en nie ‘n ondersteuningsnetwerk te hê nie en dan maar terugval.
          As tiener was dit vir my vreemd as verlede jaar se nuwe bekeerling vanjaar weer daar is as bekeerling. Nou verstaan ek dit beter.

          Like

          1. Dis baie moeilik vir sulke jong mense as hul in n aggresiewe ongelowige huis bly. Dit word uit hul uit gemoker. Ek het self my eie geloof opgebou omdat my pa n aties was en net nie gevoel gehad het nie(dis hoe ek dit belewe het as kind) Later jare het hy darem meer oop geraak vir “geloof”. Dis so jammer dat godsdiens uit skole gehaal is. Baie kinders het eers in die skool daarmee in aanraking gekom.

            Liked by 1 person

            1. Dis vir my ook hartseer dat dit uit skole gehaal is. Dit het my geweldig gehelp omdat my kinders in die koshuis was. Ek was verseker dat hulle ook geestelike opvoeding sou kry by die skool en koshuis.

              Liked by 1 person

  1. Dis wonderlik daar is sulke kampe. Weet ek het nie kinders nie en praat dalk maklik, maar dink nie meeste mense besef hoe uitgehonger kinders is na persoonlike aandag in die vinnige en gejaagde pace nie. Ek gaan my voet in dit sit, ek is net bly daar is sulke wonderlike kampe en iewers waar kinders regtig gehoor word,dankie vir die deel Toortsie🌻

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!