Beverly Lewis is die persoon wat skryf oor die Amish-gemeenskap in Amerika. Die boeke wat ek al van haar gelees het, het elke keer gegaan oor die Ou Orde Amish, wat baie streng volgens hulle tradisie leef.
Aan die een kant kry ek die mense jammer wat nog regtig leef soos in die 1800’s, asof daar geen ontwikkeling was nie, maar aan die ander kant is dit juis hulle sekuriteit, voel hulle veilig in hulle leefwyse. Hulle leef naby God, na aan mekaar, in liefde.

‘n Nuwe Seisoen – Beverly Lewis , uitgegee deur CUM Boeke.
Sallie Riehl is ‘n Amish meisie en is baie lief vir lees, veral oor mooi plekke in die wêreld. Sy begeer om ander plekke te kan sien en dalk net een keer te reis voor sy by die kerk aansluit. Wanneer sy egter by die kerk aangesluit het en gedoop word, sal sy die streng Amish-reëls moet volg, met ‘n Amish man trou en is reis vir altyd taboé. Haar nig Essie, ‘n oujongnooi, het baie insig en ondersteun haar ietwat vryer gees.
Haar reis na Australië word weens onvermydelike omstandighede uitgestel en sy beland saam met ‘n gesin in Cape May as kinderoppasser tydens hulle vakansie. Hier ontmoet sy vir Kevin, ‘n Mennonitiese jong man, wat haar toekomsbesluite aansienlik beïnvloed.
Soveel menslikheid speel af in die boek en Sallie speel ‘n kardinale rol in die dogter wat sy moet geselskap hou, se aanvaarding van haar nuwe bababoetie, asook om die verwerping wat sy aanvanklik voel, te verwerk.
Dis ook vir my interessant hoe sy, as Amish meisie, optree by die see.
Die boek is oorspronklik in Engels geskryf onder die titel, The ebb Tide. Hierdie boek is ook by Cum Boeke te koop, kliek HIER.
Loer gerus by PINTEREST waar ek my boekbesprekings lys, of kliek HIER vir die lys van boekresensieblogs wat ek geskryf het.
Groetnis
Toortsie
Klink na ‘n baie interessante boek, Toortsie. Die Amish het nog altyd vir my ‘n soort bekoring ingehou, omdat hulle so standvastig is in die moderne wêreld.
LikeLiked by 1 person
Ja, ek jet dit baie geniet. Dis ‘n Christelike boek. Soos jy sê, hulle standvastigheid verdien lof.
LikeLiked by 1 person
Ek lees wel Christelike boeke. Ek hou daarvan om ‘n wye siening van die wêreld te hê en dit laat my verstaan hoekom mense dink en voel op sekere maniere.
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLiked by 1 person
Die boek was soms effens langdradig geskryf, ek weet nie of dit maar net as gevolg van die vertaling is nie.
LikeLiked by 1 person
Vertaalde boeke lees nie altyd vir my lekker nie.
LikeLiked by 1 person
Ek wrvaar dit ook soms so.
LikeLiked by 1 person
Ek verorber altyd al haar boeke want die Amish se stories hou vir my ñ groot bekoring in.
LikeLiked by 1 person
Dis half soos om ‘n non te word.
LikeLike
Erger
LikeLiked by 1 person
Ek het ook al van haar boeke geniet.
LikeLiked by 1 person