Net ‘n komma

‘n Komma het veroorsaak dat ek vier rye moes terugbrei.

Ek het baie in my lewe gebrei. Toe weer vir net so baie jare nié gebrei nie.

‘n Ou patroon kon jy optel, brei volgens die aanwysings, en hy was reg.

Verlede jaar het ek vir my seun ‘n trui gebrei, presies volgens die mates aangedui en die aanwysings, wol is mos duur. Wel, hy het verdrink in die trui. Die gelukkige buurman het net op die regte oomblik daarverby gekom, ‘n trui geëerf, maar nou het hy ook soveel gewig verloor, ek vermoed ook hy verdrink nou daarin.

Tans is ek besig met ‘n vissermansriftrui. Ook vissermansrif het ek al meermale in my lewe gebrei, lank gelede. Alhoewel die tegniek dieselfde is, verskil die patroon soms.

By ry 2 staan daar: R1 onderin aw.

Dalk moes Toortsie ook eers mooi gedink het.

Ek R1 toe, en onderin die aw steek, regs ek toe weer.

Die stemmetjie in my kop sê dis verkeerd, maar ek hou maar aan, net om 2 rye verder te besef dis beslis verkeerd. Ek moes 4 rye uittrek om hierdie fout reg te stel.

Wat dit moes wees, was R1 onderin, aw 1.

Nee, ek wil nie by julle kla nie. Wat ek eintlik wil illustreer, is ons verantwoordelikheid as ons patrone of raad of resepte of wat ookal wil beskikbaar stel. Ons foute kos ander mense geld en tyd.

Ek sê dit ook vir my omdat ek boeke uitgee. Ons moet doodseker maak dit wat ons uitgee, is reg. Ander mense betaal vir ons daarvoor, daarom meer as dubbeld seker maak.

Ons móet ons goed toets, ook laat toets deur iemand anders.

Ons moet dit self herhaaldelik proeflees, maar ook ‘n betroubare proefleser betaal om ons boeke te proeflees. Ons skuld dit aan onsself, maar ook aan ons lesers.

Nou ja, laat ek verder brei.

Toortsie

19 thoughts on “Net ‘n komma

  1. Kommas wat uitgelaat of op verkeerde plekke ingesit word, het al veroorsaak dat wette geskrap en hofsake verloor is. Die snaaksste een wat ek egter teëgekom het het was ‘n kort beskrywing van ‘n dokumentêre program van Peter Ustinov: “Highlights of his global tour include encounters with Nelson Mandela, an 800-year-old demigod and a dildo collector”.

    Liked by 2 people

    1. Eintlik het ek nou vreeslik gejok. Ek is net so gewoond ek brei of hekel nie groot goed nie. Ek het vir my Amy Boenkel ‘n kombersie gehekel, twee kniekomberse en twee throughs vir Ousus se banke. Ook vir my Nina en Gusi truie gebrei to was hulle al tieners. Nee, wag nou onthou ek nog groot goed. Maar punt is, ek hou nie van groot goed brei of hekel nie.

      Liked by 1 person

  2. Toorts ek het my breimanie gehad….tot ‘n trui met kabels en sulke gepofde balletjies vir my man gebrei. Maar toe ek die naalde neerlê toe lê ek hulle neer. Maar ek het nog nooit weer in ‘n winkel sulke lekker dratruie kon koop soos selfgebreide truie nie. Stuur maar jou flops dié kant toe!!!

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s