Let wel, nie een malse oomblik!
Toortsie se man en kleinkinders het Toortsie bederf met BAIE groente uit die groentetuin, wat vinnig verwerk moet word, voor die pendelry gebeur, anders is dit verlore. Toortsie verwerk groente. Toortsie maak kos om saam te neem op die pendelpad. Die kleinkinders kuier daar. Dan moet Toortsie vinnig winkel toe om proviand te koop vir die plaas. Dis beurtkrag en kleinkind moet deur ‘n venster klim om binne die huis te kom.
Hulle tel ‘n maatjie op en so stadigaan begin die spelery. Dit gaan mal. Hulle hardloop en geniet die ruimte. Drie kinders speel uit volle bors op ouma se klavier. Dit gil en jil. Ouma werk vir ‘n vale om klaar te kry vir die langpad. Ouma wil vier uur ry. Ouma se kop werk nou in paaiemente, kan glad nie meer funksioneer op meer as een plek nie. Ouma se kop werk ook nie meer oortyd nie. Daar is honde ook nog. Die kinders is skrikkerig vir die honde.
Die nefie bel, hy wil kom kuier. Ouma sê dis reg, hy kan gou kom voor hulle moet ry. Vier uitbundige kleuters bymekaar. Ouma gebruik gou die breuk sodat haar kop net gou ‘n bietjie kan rus.
Die maatjie is bang vir die honde. Honde moet uit.
Nog iemand klop aan die deur. ‘n Man wat lus is vir tee. Hy wil die huis kom kyk. Dis tee en kos wat rondstaan en speelgoed wat rondlê en meubels wat nog nie reggeskuif is na die daknatmaak nie. Die ander mamma neem die kinders buitentoe. Honde moet weer in die huis in. Honde en maatjie kan nie op dieselfde plek wees nie. Daar is een vlieg wat om die man se kop draai. Hoe harder Toortsie probeer stilsit, hoe meer pla iets!
Die kuiergas drink sy tee en vertrek. Honde spring op teen sy bakkie, wat hulle nooit doen nie, want daar is ‘n skaaphond agterop die bakkie. Honde jaag die bakkie.
Maatjies gaan huis toe. Dis 5 nm. Dit beteken ons gaan in die donker op die plaas aankom en dis beurtkrag en ons moet nog pak.
Net daar besluit Toortsie: Tot hiertoe en nie verder nie.
Ons ry môre.
🙂
Die lewe is ‘n lied. Rof. Mal. Deurmekaar. Heeeeeeerrrrrrlik, want ouma se kleinkinders kuier hier.
Alles is nou weer rustig en normaal.
Toortsie
Volgende week sal Toortsie weer haarself wees.
Of dalk nie.
Hahahahaha 🙂 🙂 Klink baie lekker en uitputtend!
LikeLike
Maandag was rof en erg. Nou is dit weer normaal. My man weet nie van net 8 spinasieblare pluk nie, hy pluk die hele tuin! 😝😜 Sooo dankbaar vir daardie groente.
LikeLike
Dit was nie die noemale hopballetjie Toortsie nie.
Ook nie Turbo Toortsie nie.
Overdrive verby.
LikeLike
So bly vir gisteraand se beurtkrag, toe klim ons vroeg in die bed.
LikeLike
Geniet, geniet.
LikeLike
O jaaaa. Elke oomblik spesiaal. Ek en die kleingoed het klaar gereël onder mekaar vir volgende vakansie se kuier.
LikeLike
🤗
LikeLike
Jy weet ek is bly vir jou!!!!!
LikeLike
Ja Kameel, ek weet en ek hoor en ek voel en ek is dankbaar, dankbaar, dankbaar. Die Here is goed vir my.
LikeLiked by 1 person
Klink tog of jy dit heel goed hanteer het, Toortsie!
LikeLiked by 1 person
Ja wat. Kinderlawaai pla my nie sommer nie. 😁
LikeLiked by 1 person
Eksink die manlike kuiergas het bietjie geskrik.
LikeLiked by 1 person
😄😄
LikeLiked by 1 person
Dalk het hy gedink: Ag dankie tog, dit gaan by ander huise ook so! 🙂
LikeLiked by 1 person
En gelukkig is more nog ń dag en wat nie nood is nie kan wag.
LikeLiked by 1 person
Sommer tot volgende week. 🤪
LikeLike
😂❤️❤️❤️
LikeLike
🤣😁 Ek is bly jy het dit geniet.
LikeLiked by 1 person
😳🤪
LikeLiked by 1 person
Liewe land! Goeie besluit om vlgnde dag te ry. Geniet die”rus” mt d kleinkinders
LikeLiked by 1 person
Hulle is gister terugbesorg by hulle ouers. Dit was ’n wonderlike tyd. Baie geseënd.
LikeLiked by 1 person
Bly te hoor. Maar die asemskep ma d tyd is ook lekker.
LikeLiked by 1 person
Dit is, ja. ❤️
LikeLiked by 1 person
Seegogga, het julle ons nie hoor lawaai nie?
LikeLiked by 1 person
Byna!
LikeLiked by 1 person
😊
LikeLike