Hier het weer ‘n nuwe CUM-boksie aangekom! Ek was só opgewonde, ek het net daar na Seegogga toe gery en by haar ook ‘n klompie afgesit sodat sy ook kan lees.
Hier is so ‘n paartjies daarvan:
Hierdie boek was dalk by die vorige besending, maar kyk maar sommer weer. Dis ‘n vers vir vers bybelstudie oor Efesiërs.
Hierdie bybelstudieboek oor die Onse Vader het my regtig opgewonde. In ons kinderdae het ons die Onse Vader-gebed uit ons koppe geleer, maar daar lê soveel meer opgesluit in daardie gebed. Ek wil hom defnitief graag lees.
Die Doodle-dagboek vir meisies lyk na ‘n oulike boek. Dis mooi om deur te blaai en in ‘n skrif wat meisies van sal hou. ‘n Boek vir daagliks ‘n stukkie lees en sommer net skryf en teken en krabbel, net soos die titel aandui. Oulik.
Lysies vir die lewe vir vroue. Dis ‘n boekie wat jy op enige plek kan oopmaak en pitkos kry op die oulikste maniere. Sommer lewenswaarhede, in min woorde, maar vol krag. Dis ‘n boekie wat jy sommer byderhand wil hou vir wanneer jy vinnig net iets wil lees. Elke blad is nuut en vars. Baie oulik.
‘n Boekie vir kinders. Elke dagstukkie het ‘n bybelversie, ‘n stukkie geskryf, ‘n gebed en iets om te doen. Ek dink dit is vir die jonger laerskoolkind, graad 2-4.
Ek deel graag wat my vriendin op haar Faceboek gesit het:
Loer gerus by Pinterest vir al my boekbesprekings.
Toortsie
Dit lyk beslis na n lekker klompie leesstof.
LikeLiked by 1 person
Regtig oulik
LikeLiked by 1 person
Sjoe Toorts, daar vat jy ‘n hele klomp lekkerleesgoed vinnig saam! Goed gedoen!
LikeLiked by 1 person
Dankie ou Mater. ❤️
LikeLike
Gelukkige mens….nie omdat jy net sulke oulike boeke kry nie, maar omdat jy TYD kry om dit te lees en dan nog om resensies te skryf!! Wow! Geniet dit hoor!
LikeLiked by 1 person
Besonder gelukkig. Die tydfaktor is natuurlik ‘n ander een.
LikeLiked by 1 person