Eskom!

Gister was dit Eskom en Vodacom gelyk. Ek vergeet om diesel in te gooi, amper was dit nóg ‘n fiasko.

Toe ek besef ek het vergeet, is ek al verby ‘the point of no return’.

Met 11 km se diesel oor in die tenk en 22 km tot by die naaste pomp, help ‘n vriendelike restauranteur my tot by ‘n boer, by wie se dieseltenk ‘n halwe kannetjie diesel staan wat ek mag gebruik. Daar was niemand op die werf nie, hy het maar telefonies beduie. Net mooi toe kom ‘n ander boer daar aan en help my gou om die diesel in die tenk te gooi, met ‘n leë Coke-bottel wat die restauranteur gegee het as tregter.

Twee van hierdie manne vra my waarheen ek op pad is, en weet julle wat? Ek kon hulle nie antwoord nie, want ek kon op daardie oomblik glad nie onthou nie! 😳

Ek het maar padlangs gery en wel op die regte plek uitgekom!

Mooi dag!

Toortsie

22 thoughts on “Eskom!

    1. Ek vergeet erg name as ek stres. Hierdie afgelope tyd was daar net te verl goed. Op en af gejaag. My kop kon nie bygou nie. Ek kon slegs op een ding konsentreer, gern kapasiteit meer vir multi task. So my kop het gefokus op hoe ek by sie volgende dieselpomp gaan uitkom. Dis al.

      Liked by 1 person

    1. Lag. Ek was die kalmte vanself. Die boere daar rond ken my nie noodwendig meer nie, maar ons weet nog van mekaar. Die restauranteur ken ek redelik goed, hy was ons dominee en die biercwat toe daar opdaag, het ek op ‘n stadium redelik goed geken. Ons dogters was maats. Die Here het my beskerm. 😊 Maar wat hulle daarvan gedink het toe hulle my vra waarheen ek gaan, en ek weet nie, weet ek nie! 😂

      Liked by 1 person

    1. En omdat Eskom nie gewerk het nie, kon ek nie my huis behoorlik sluit nie, die garagedeur werk nie soos dit moes nie. Ek moes die huis anders sluit en die sleutel wegsteek waar manlief dit laat die nag, toe dit weer eens donker sou wees, vind. Ai toggie, dis ‘n resep vir probleme, g’n wonder ek vergeet toe van diesel nie. Die grootste vrees was dat ek verkeerde kan goed in die tenk gooi! Maar die Here het gesotg, ek en pappa het mekaar wonderbaarlik in die hande gekry en ek kon hom versuidelik hoe en wat. Dit was Toortsie in overdrive, terwyl die hophasie se batterye nie so lekker was nie.
      All well that ends well.

      Like

Lewer kommentaar op rondomtaliedraai Kanselleer antwoord