Lê jou eier: Eienskappe wat my my maak.

In opdrag van Hester.

Ek het al soveel keer oor myself geskryf, dis mos eintlik die heel maklikste ding om oor te skryf. So, wat kan ek skryf wat julle nóg nie van my weet nie?

Terwyl ek sit en wonder wat om te skryf, besef ek: Ek is ‘n mens van uiterstes.

So graag soos ek by mense wil wees, so nodig ek mense het, net so het ek my alleentye nodig, selfs meer as my geselstye.

So baie geduld ek het met mense wat dalk nie so slim is nie, net so irriteer mense my wat hulle slim hou, of simpel hou.

Net so verkriklik lief ek is om te gesels, net so kan my woorde opdroog ook.

So goed soos ek kan funksioneer onder druk, net so maklik kan ek ontplof as die druk skielik te veel raak.

Net so aandagafleibaar ek kan wees, net so goed kan ek fokus wanneer nodig.

Net so positief soos ek is, net so negatief kan ek ook raak.

So lief soos ek is vir bont, net so vinnig kan bont my irriteer ook.

So lief soos ek is vir musiek, kan heeldag net musiek luister my moeg en depressief maak.

Net so lief soos ek vir vrye styl is en dit al hoe meer toelaat, net so het ek orde nodig, glo ek om reëls ná te volg.

Net so deurmekaar ek jan wees, net soveel probeer ek dinge regstel.

Net so maklik soos wat ek ‘n volgeling is en ‘n groepleier sal volg, net so maklik kan ek voel iemand is nie volgenswaardig nie, en hom nie volg nie.

Net soveel wat ek nie ‘n beheervraat is nie, net soveel wil ek die beheer oor ‘n ding hê as ek die moeilikheid daarvoor gaan kry.

Net so lief ek is vir toer, net soveel is ek ‘n huishen ook. Selfs dalk meer.

Net soveel soos ek hou van froetel in my kombuis, net so ‘n lui kok is ek ook.

Ek is eerder ‘n deelnemer as ‘n toeskouer, maar om ‘n goeie produksie te kan beleef, is wonderlik.

Net so gemaklik in my vel wat ek is, so onseker jan ek wees oor myself.

Dis nou seker genoeg, of hoe, Hester?

Toortsie

21 thoughts on “Lê jou eier: Eienskappe wat my my maak.

    1. Ai Vuurvliegie, op die oomblik maak ek dit nie en weet ek nie of ek dalk op beurtkrag is nie. Net soos hierdie hasie kan hop, so kan hy omkap ook. Ek het jou fantastiese bloginskrywing halfpad gelees, sal hom nog behoorlik gaan lees.

      Like

  1. En selfs na vier jaar se saamblog het ek nog nie alles oor jou geweet nie. Vele fasette. Ek hou van die manier wat jy jouself ken en weet wat jy wil hê. En daaraan werk totdat jy dit kry. Jy weet dat ek nog altyd groot bewondering gehad het vir jou energie en die suksesse wat jy behaal het. Bly te kenne Toortsie.

    Liked by 1 person

  2. Reguit en op die man af…geen doekies omdraai nie. What you see is what you get. Dis hoe ek Toorts opgesom het…sulke mense is my veilige hawe..want ek weet hulle sal sonder om te skroom my op die regte paadjie hou…niks aangeplaktheid wat mens onveilig laat nie

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!