In opdrag van Hester.
Ek het al soveel keer oor myself geskryf, dis mos eintlik die heel maklikste ding om oor te skryf. So, wat kan ek skryf wat julle nóg nie van my weet nie?
Terwyl ek sit en wonder wat om te skryf, besef ek: Ek is ‘n mens van uiterstes.
So graag soos ek by mense wil wees, so nodig ek mense het, net so het ek my alleentye nodig, selfs meer as my geselstye.
So baie geduld ek het met mense wat dalk nie so slim is nie, net so irriteer mense my wat hulle slim hou, of simpel hou.
Net so verkriklik lief ek is om te gesels, net so kan my woorde opdroog ook.
So goed soos ek kan funksioneer onder druk, net so maklik kan ek ontplof as die druk skielik te veel raak.
Net so aandagafleibaar ek kan wees, net so goed kan ek fokus wanneer nodig.
Net so positief soos ek is, net so negatief kan ek ook raak.
So lief soos ek is vir bont, net so vinnig kan bont my irriteer ook.
So lief soos ek is vir musiek, kan heeldag net musiek luister my moeg en depressief maak.
Net so lief soos ek vir vrye styl is en dit al hoe meer toelaat, net so het ek orde nodig, glo ek om reëls ná te volg.
Net so deurmekaar ek jan wees, net soveel probeer ek dinge regstel.
Net so maklik soos wat ek ‘n volgeling is en ‘n groepleier sal volg, net so maklik kan ek voel iemand is nie volgenswaardig nie, en hom nie volg nie.
Net soveel wat ek nie ‘n beheervraat is nie, net soveel wil ek die beheer oor ‘n ding hê as ek die moeilikheid daarvoor gaan kry.
Net so lief ek is vir toer, net soveel is ek ‘n huishen ook. Selfs dalk meer.
Net soveel soos ek hou van froetel in my kombuis, net so ‘n lui kok is ek ook.
Ek is eerder ‘n deelnemer as ‘n toeskouer, maar om ‘n goeie produksie te kan beleef, is wonderlik.
Net so gemaklik in my vel wat ek is, so onseker jan ek wees oor myself.
Dis nou seker genoeg, of hoe, Hester?
Toortsie
Toorts, ons eie liggie met energizer hasie batterye.🐇🔦
LikeLiked by 1 person
Ai Vuurvliegie, op die oomblik maak ek dit nie en weet ek nie of ek dalk op beurtkrag is nie. Net soos hierdie hasie kan hop, so kan hy omkap ook. Ek het jou fantastiese bloginskrywing halfpad gelees, sal hom nog behoorlik gaan lees.
LikeLike
🤗🕯
LikeLike
Uit al die jare se blogs wat ek van jou gevolg het, het jy beslis jouself goed oogesom. Jy is ‘n besondere mens, Toortsie!
LikeLiked by 1 person
Ag dankie Perdebytjje. Jy ook. Almal van ons is.
LikeLiked by 1 person
En selfs na vier jaar se saamblog het ek nog nie alles oor jou geweet nie. Vele fasette. Ek hou van die manier wat jy jouself ken en weet wat jy wil hê. En daaraan werk totdat jy dit kry. Jy weet dat ek nog altyd groot bewondering gehad het vir jou energie en die suksesse wat jy behaal het. Bly te kenne Toortsie.
LikeLiked by 1 person
Dankie Hester. Hierdie week het Toortsie te veel asngepak, maar dis ook nie vreemd nie. 😊 Ek geniet jou blogs ook verdkriklik baie.
LikeLiked by 1 person
🤗
LikeLike
Vir my was dit heerlik om te lees en elke keer te dink, ja, hierdie is ons Toortsie. Eerlik en opreg in al jou skrywes.
LikeLiked by 1 person
Dankie liefste Una
LikeLike
Reguit en op die man af…geen doekies omdraai nie. What you see is what you get. Dis hoe ek Toorts opgesom het…sulke mense is my veilige hawe..want ek weet hulle sal sonder om te skroom my op die regte paadjie hou…niks aangeplaktheid wat mens onveilig laat nie
LikeLiked by 1 person
Baie dankie. Jy het my presies reg opgesom.
LikeLike
MAW ‘n persoon van vele fasette… hou daarvan 😄
LikeLike
Dankie 😁
LikeLike
Jou kleurvolle mens! 🤗
LikeLiked by 1 person
😊❤️
LikeLiked by 1 person
Jip dis ons Toorts ❤
LikeLike
❤️
LikeLike
Toorts se liggie wat skyn en skyn en skyn, dan n stukkie flikker en weer opvlam. Jy weet presies wat jy wil en nie wil nie. Lekker gelees.
LikeLiked by 1 person
Dankie Scrapt. Tans flikker hy stadig en dof, maar gee kans, môre flikker hy weer sterk.
LikeLike
Netso
LikeLike