Die gat in die lug

Al die jare sê ek dat daar ‘n gat in die lug is, vermoedelik bokant ons huis, waarheen soveel van my goed verdwyn het. Gewoonlik goed waarvoor ek lief is, goed wat lekker werk, wat ek graag gebruik. Skêre, vlekvrye staal bak, my wasgoedkom, emmers, messegoed, teelepels, plastiekbakke, splinternuwe eierspaan, sokkies, bra’s, my seun se mooi hemde, handdoeke. Ag, noem maar op, dit het deur daardie gat verdwyn.

Terloops, een so ‘n handdoek het wonderbaarlik een kersspel wat ons op die plaas met die plaaswerkers en hulle kinders gehou het, as kopstuk op een van die herders of wyse manne, se kop beland! So, soms val goed weer terug deur daardie gat en beland dan op die vreemdste plekke!

So glo ek nog al die jare dat daardie vliegtuig wat net so in die lug in verdwyn het, deur daardie einste gat is. Ek sien Xena praat ook vandag weer van hom en waar hy kan wees.

Waar anders kan hy wees, die aarde is al soveel keer deursoek? Maar niemand wil my hoor nie, of hulle weet nie waar die gat in die lug is nie. Ek bly dan sê dis bokant my huis.

Maar nou met die trekkery het ek gesien hoeveel goed wel nié die gat gemaak het nie, goed wat ek sou wens dat dit deur die gat sou verdwyn. Nonsens. Hulle is seker nie so bruikbaar nie, of wat kan die rede wees? Ek wonder, as ek hulle in die lug op gooi, of hulle nie net dalkies dit deur die gat sal maak nie?

Ek het gisteraand deur my boekrak gegaan en erg gesif. Was ek nou bly dat die biblioteek hulle wou hê, hoor!

Wat dink julle?

Toortsie

21 thoughts on “Die gat in die lug

  1. Ek kan aan ‘n paar andersoortige dinge dink wat ek wil laat opsuig, maar my gat is skynbaar buite werking. Dalk moet ek Pump-a-loo se honeysucker huur. Dit klink nou nie goed nie. Maar julle weet wat ek probeer sê.

    Liked by 1 person

  2. Ek wonder soms of is dit die regte goed in die verkeerde gat of die verkeerde goed in die regte gat. Daar is heeltemal te veel dinge wat wegraak wat eintlik belangrik is of sentimentele waarde het.

    Like

  3. Jou goed lê alles hier by my Toorts. Wanneer dit donderweer is val die goed hier uit die lug en ek moet loop optel 😂😂😂😂 Ok sorry, jy hou nie van mense wat hulle simpel hou nie 🤗

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s