Terwyl Laurika Rauch in Toortsie se kop agtergrondmusiek verskaf met ‘kom nag, kom weer en wind, kom oseaan, dieselfde woorde wat Mnr Skim op haar oorlede broer se troue gesê het, en Toortsie moet konsentreer op die lone wat moet klaarkom, karring Lekkervurig met haar brein met ‘n lys van moeilike woorde wat ‘n storie moet word. Toortsie verstaan nie eers wat die woorde beteken nie, wat nog te sê ‘n storie daarvan maak?

Laurika sing van haar huisie by die see. Wat het die Triton daarmee te maak, die seegod? Speel hy vir haar die begeleiding op sy skulptrompet terwyl die sterre van die diereriem toekyk? Die ram, die bul, die tweeling? Dalk is hulle twee besig met ‘n ode aan die skerpioen, Toortsie se ster, terwyl die water om hulle ruis. Vasgevang in hulle esoteriese lofrede wat net ‘n handjievol mense kan verstaan, is hulle onbewus van die onheil wat besig is om rondom hulle op te bou.
Wie is die nimf wat met ‘n seer hart besig is om te koukus met die seekat, ‘n mollusk, die moegoe van die see, wat op enige opdrag van haar sal reageer, sal ageer as sy die teken gee? Sy, wat onbewus is daarvan dat hy, wat in die brak seewater woon, al die jare op haar verlief is? Hy wat ‘n arm en ‘n been sal gee, om haar liefde te wen. Hy, ‘n idialis, keur haar verliefdheid op die Triton glad nie goed nie en sal die voortou neem om hom, die Triton, die nekslag toe te dien. Die haat teenoor die Triton, wat hy oor jare alreeds opkrop, is besig om die oorhand oor hom te neem.
Sodra die nimf die nodige teken gee, sal hy die Triton aanval, hy sal hom gaffel en snipper soos net ‘n seekat kan, totdat sy skelet in ‘n kompakte hopie op die sand uitspoel. Vir die res van sy lewe sal hy met vreugde die angskrete, die ‘eina!’ van die Triton onthou.
Maar ja, hierdie is net ‘n verbeeldingsvlug van die Toortsie in opdrag van Lekkervurig, en sy het so mooi gesê, ‘Gaan reg deur die see, wat ek sterk betwyfel of dit hier die geval is. Geen waarheid of eerlikheid is enigsins ter sprake nie. So palielie die Toortsie maar voort tussen die moeilike woorde en hoop dat die storie enigsins sin maak. En indien dit nie sin maak nie, wat dan?
Intusen het die skrywer in haar skedonk weggery, met ‘n bos vol irisse op die linkersitplek.
Lees wat die ander bloggers met hierdie woorde gemaak het. Kliek HIER
Nou toe, Toortsie, terug werk toe met jou! Klaar gespeel nou.
Genugtig Toortsie maar jy is blitsig…. en vernuftig…. kanp gedaan
LikeLike
Lekker lag ek nou. Blitsig, wel, vernuftig? Ek twyfel!
LikeLike
Dankie vir die knap gedaan.
LikeLike
Toorts! Het jy die energizer hasie se batterye gegaps? Gedorie, jy! Bravo. Ek gaan maar Latyn en oergermaans moet inwerk.🥇
LikeLike
Solank jy net nie vir Google verbied nie. Google het skielik my beste maatjie geword, ek hoop hy het my reg gewys en nie in die afgrond in gehelp nie!
LikeLike
Dis deel van die pret. Sy is mos Towerin 15
LikeLike
Solank sy nog mag saamspeel, is die saak reg.
LikeLike
Ek sien nie jou inskrywing op inlinkz nie…
LikeLike
Maar Inlinkz lyk dan nou anders. Nou moet ek eers aanteken en ‘n wagwoord kry. Ek sal nog.
LikeLike
Dis die nuwe formaat.
LikeLike
sal nog
LikeLike
👍
LikeLike
Dit was seker nie te maklik Welgedaan
LikeLike
🙂 Ek kan eintlik nie vir jou sê of dit moeilik of maklik is nie. Ek het begin om die woorde se betekenisse op te soek, en Lekkervurig het mos eintlik die sleutel in die hand gegee met Laurika.
LikeLiked by 1 person
nee kyk, so gevaarlik is ek nie! Ek speel liewer met my onskuldige seemaatjies!
LikeLiked by 1 person
Ja wat, Seegogga, ek stem saam met jou.
LikeLiked by 1 person
Liewe ouers, Toortsie! Nou het jy jouself heeltemal oortref!
LikeLiked by 1 person
Una, die waarheid is dat ek so vaak is, ek kan skaars my oë oophou. Hierdie storie het saam met die wit seeskuim op die sand beland. 😊 Nou ja, julle gaan nou weer net nóg skerper wees.
LikeLike
Nee!!! Ek gee oor! Toortsie, jy wen loshande! WOW! Goed gedoen!
LikeLike
Nooit! Die vorige keer het ek al gesien hoe vindingryk julle almal is. Maar dankie vir die goed gedoen. Of dit enigsins sin maak, is natuurlik ‘n ander vraag. 🙂
LikeLike
Moenie so maklik oorgee nie, begin net.
LikeLike
Jy is oulik! Welgedaan. (Fluister: ek sal maar liewer uit daai seekat se pad bly.)
LikeLiked by 1 person
Hy is Rof en hy is Jaloers en hy is Ongeskik en hy is Kwaad en hy het 8 arms wat jou kan beetkry.
LikeLiked by 1 person
😳
LikeLiked by 1 person
En hy swem in die See.
LikeLiked by 1 person
Jy is wilder as die wilde weste met jou storie.
LikeLike
Dis Lekkervurig wat sulke wilde woorde gee! Die storie skryf mos eintlik homself.
LikeLiked by 1 person
Sjoe Toortsie, dit was nou goed geskryf!
LikeLiked by 1 person
Dankie. Dis Lekkervurig se woorde wat inspireer. 😊
LikeLiked by 1 person