Bybels

Ons almal hou van verskillende weergawes van die Bybel. Party verkies Afrikaans, ander Engels. Sommige verkies die ou 1933 vertaling, ander verkies ‘n heel moderne weergawe. Dit maak regtig nie saak nie.

Ek verkies die 1983-weergawe, al het ek ook ander weergawes wat ek soms raadpleeg. Die rede hoekom ek die een weergawe verkies, is dat, deur dieselfde teks op ‘n gereelde basis te lees, ek later dele daarvan uit my kop begin onthou. As ek elke keer ‘n ander weergawe lees, kan ek later niks meer onthou nie. Ps 23 is ‘n tipiese voorbeeld hiervan. Ek het dit uit my kop geleer uit die 1933 vertaling, en later het ek die 1983 weergawe daarvan probeer leer. Nou het ek ‘n mengelmoes van die twee vertalings in my kop.

Soms lees ek net in my gewone Bybel, maar ek hou baie van die Bybel in Praktyk. Dit het ‘n vers-vir-vers verduideliking op dieselfde bladsy as wat die stukkie in die Bybel is. Dit gebruik die 1983-vertaling as teks.

Tans lees ek in die Leefstylbybel vir Vroue en wil dit ook regtig aanbeveel. Natuurlik is dit gemik op vroue en sal hulle die vroue wat betrokke is in ‘n stukkie, bespreek. Dit gebruik ook die 1983 vertaling as teks.

Hulle het ook bybelstudiestukkies oral in die boek, soos Ma-wees en gesinsake, Geloofswaarhede, Persoonlike behoeftes, Die ongetroude vrou, die getroude vrou, ens.

Die Leefstylbybel vir Vroue is deur Lux Verbi uitgegee.

Is jy ‘n dieperdelwer? Kry vir jou so ‘n verklarende Bybel.

Groete

Toortsie

2 thoughts on “Bybels

    1. Ja, God praat deur almal, dis tog immers Sy Woord. Dis vir my lekker om soms in’n ander vertaling te loer, ek het Die Boodskap ook, maar ek verkies om te lees uit die 1983. Sommer net om dit makliker te onthou.
      Dankie vir die inloer.

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s