Met hierdie week se bloguitdaging kom ek op ‘n nare woord af: ontklotter. Direk vertaal van ‘declutter’. Dis om van naar te raak. In my oë, ‘n anglisisme. Ek sien dat dit nie net ek is wat die woord naar en vreemd vind nie, omtrent almal voel so. Waar kry julle hierdie woord?
Sjoe! Daar móét ‘n mooi Afrikaanse woord wees wat ons kan gebruik, ons taal is mos darem nie só arm nie! Natuurlik het my kop ook gaan stilstaan en kon ek nie aan ‘n woord dink nie.
Hier is ‘n paar moontlikhede:
opruim
jou goed uitsorteer
jou goed regpak
netjies maak
rommel weggooi
in orde bring
ontrommel, soos Hester voorgestel het
Ek is seker julle kan ook aan ‘n hele paar woorde dink. Ek hoop van harte dat hierdie ontklotterwoord nóóit gaan posvat nie. Regtig nie.
Jammer as ek op tone trap hier.
Toortsie
Dis vir my ook n gruwelike woord. Klink so vuil! Ontrommel klink nogal lekkerder. Tog is dit ook nie rerig rommel nie.
LikeLiked by 3 people
Ontrommel is ook nie die regte woord nie, maar voel vir my beter as ontklotter.
LikeLike
Ek dink meer aan opruiming.
LikeLiked by 1 person
Opruim is wat my man ook voorgestel het. Dit is ‘n mooi woord, hoekom iets anders soek?
Ek hou van vernuwing, maar sommer net vernuwing ter wille van vernuwing is onnodig.
LikeLiked by 1 person
Klotter is nou vir my aweregs lekker. Liewe Toorts – ons verskille is juis is wat ons saambind! 😉
LikeLiked by 2 people
Dis reg so. 😁❤️
LikeLike
Ek sal dit nie teen jou hou nie. 😁
LikeLike
Jy kan nie, jy is my maat.
LikeLiked by 2 people
Nê, nê, nenênê
LikeLike
Met die opskrif se lees het ek nogal gedink ..jinne so lekker woord maar klink vir my mens kan dit eerder gebruik ‘ontklotter jou brein’ soortvan ..
LikeLiked by 1 person
Lyk my ek is outyds! 😳
LikeLike
Nee man !! suiwer is dit beslis nie, ek dink ontklotter klink so lekker teregwysing.
LikeLiked by 2 people
😂
LikeLike
Ek is nie tevrede met een van die twee woorde nie, want declutter het vir my ‘n wyer mening as om net rommel weg te gooi. Nie alles wat ek uit my huis wil gooi is rommel nie. En wat van onwelkome emosies, “vriende” wat jy wil agterlaat, herinneringe wat jy nie meer in jou brein wil laat rondspoel nie. Wie van julle behoort aan die Facebookgroie “Argaïese uitdrukkings is cool? Gaan soek na die woord ontklotter (in die soekblokkie in die linkerkantse kolom) – daar was reeds twee besprekings van die vertaling vir declutter in Januarie 2017 en Desember 2018. Hierdie groepie lewer baie oulike debatte op.
LikeLiked by 3 people
Maar jy waag baie om vir ons daaroor te laat skryf! 😳😊🤪
LikeLiked by 1 person
Hoe so?
LikeLike
Mens weet nooit watter haas hier uitspring nie!
LikeLiked by 1 person
Dis mos wat ons wil hê – verrassings en iets om oor te klets.
LikeLiked by 1 person
Jy us uitstekend daarmee om dit uit te lok.
LikeLiked by 1 person
😊
LikeLike
Ek stem
LikeLike
Jy is reg, dis ‘n simpel woord. Klink soos iets wat met slagroom moet gebeur. Ek is getroud met die vader van “clutter”. Ek sal van een van sy hope ontslae raak, net om te ontdek hy het twee ander begin.
LikeLiked by 1 person
Die beste is om so ‘n opgaarder net te aanvaar soos hy is, anders gaan jy mal raak. Aan die ander kant, mal raak jy dalk in elk geval, óf van die opgaardery, óf van die regpak.
Ek is bevrees ‘n sekere persoon gaan ons hele garage weer vol keppies hang. Ai toggie, kan ek dit nie laat verdwyn nie? 😳
LikeLike
Smyt weg. EK verpes weer impakteer.
LikeLiked by 1 person
As jy lief is vir blokraaisels invul kom hierdie liederlike anglisismes of direkte vertalings gereeld op jou pad. Ek het ń kleintjie dood daaraan.
LikeLiked by 1 person
Ek vul nie blokkiesraaisrls in nie. Ek weet hulle skep ook baie woorde.
LikeLike
Die woord gee my die horries Toorts. Voel waaragtig ek wil naar word. As my huismense dit uitvind gaan ontklottering gedurig hier gebruik word om my bloeddruk op te jaag. If they keep this up in Afrikaans I will become English 😂😂😂😂
LikeLiked by 1 person
😱
LikeLike
Klink soos iets met klonte te doen
LikeLiked by 1 person
Ja, en ‘n klonterige besigheid is niks lekker nie.
LikeLike
Stem saam dit is aaklig!
LikeLiked by 1 person
Hou van jou voorstelle
LikeLiked by 1 person
hi kan iemand my asseblief help om ontklotter se intensiewe vorm te kry
LikeLiked by 1 person